Daar is ’n beweging aan die gang om die idee te plant, ’n meme, kan jy maar sê, te laat rondhang dat die ANC oukei is, Zuma is die vlieg in die salf. Gesiene akademici en ander prominentes wat hulle vir hierdie bedeling beywer het, werk hieraan. Daar word te kenne gegee dat dinge nou anders is as in Mandela se tyd; as dinge maar net kon aangaan soos dit was in daardie idilliese tydperk na bevryding.
Dinge is wel anders as in Mandela se tyd, maar arme Zuma kan nie alleen die skuld dra vir die mislukte staat nie. Om die waarheid te sê, ek het op ’n stadium gehoor dat plaasaanvalle en -moorde die hewigste was in die eerste 9 maande van Mandela se bewind. Nee, Zuma dra nie meer skuld as enige van sy twee voorgangers nie; die tempo van agteruitgang is konstant sedert '94.
Mens hoef nou geen Einstein te wees om agter te kom hoekom hulle so hard besig is om hierdie valse geskiedenis te verkondig nie: Voor '94 was daar ’n ander, meer suksesvolle bedeling en om dit ter vergelyking aan te haal sal hulle ontbloot as huigelaars; hulle het dan so hard meegewerk om daardie bedeling tot oorgawe te dwing.
Jan Rap

