Ek het die afgelope jaar iets omtrent voetgangers opgemerk! Selfs in stede met geplaveide sypaadjies, loop hul in middel van pad. Omdat ek in lokasie werk, amper 'n leeftyd al, weet ek dis 'n gunsteling skema van vals eise teen POF instel.
In NP-tyd, het plaaslike owerhede 'n ordinansie vir 'j walking'/ bontlopery gehad! Met demokrasie was dit skynbaar ongrondwetlik agv 'vryheid van beweging'? Ek as motoris betaal my lisensiegelde en tolgelde, terwyl voetgangers my veiligheid bedreig deur op ryvlak te loop? Dieselfde geld vir fietsryers, wat teen aankomende verkeer op ryvlak sonder lig ry.
Die oplossings is bekend, waarom wiel weer opnuut uitvind? Art36 is duidelik dat geen reg absoluut is nie, dit kan ingeperk word, selfs reg op lewe in gegewe omstandighede.
Tyd dat politici ophou tyd bestee aan maniere om geld te steel en basiese regkry, bv dat onwettige immigrante slegs 'regte' van misdadiger in SA het. Die onwettige immigrant deel spel klaar sy regte uit, hy/sy oortree 'n geldige SA-wet, wat igv art36 sy regte ontneem en inperk. Ultuïsme het oorboord geval in SA op die stadium.
Hans

