Wat maak alles tog saak?

  • 0

Ons "veg" met mekaar oor geskiedenis, geloof, politiek, ens. Ek sit hier in sterk skemer van ’n hoëveld-donderstorm om 15h00 en wonder of dit net ’n gejaag is om die wind te probeer vang? Ek dink die dood kom net so onverwags as ’n broeiende storm en dan maak niks meer saak nie. In die dood is alles tog gelyk kompos in grond of as in die wind? Wie wat oor jou sê of onthou, wat maak dit dan saak? Elke man of vrou loop diè paadjie alleen en dit maak nie saak of jy dapper of lafhartig is nie, geen wegkomkans of 2de kans nie! Geen kollektiewe bedinging nie.
Hans Richardt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top