Dis 'n sosialistiese anarchisme-dorp, wat op deeltitel beginsel itv Art235 van Grondwet, wet 108/1996, bedryf word. Niks met apartheid te make nie. Dis egter goeie voorbeeld van private gemeenskap-ontwikkeling.
6Dis 'n sosialistiese anarchisme-dorp, wat op deeltitel beginsel itv Art235 van Grondwet, wet 108/1996, bedryf word. Niks met apartheid te make nie. Dis egter goeie voorbeeld van private gemeenskap-ontwikkeling.
6
Kommentaar
Beste Hans,
Verduidelik asseblief aan my hoe kan Orania regeringloos wees aan die eenkant, en aan die anderkant bedryf word volgens Art235 in die grondwet?
Groete,
Angus
BESTE ANGUS
Orania is die hartklop van vooruitgang in SA. Ek het 12 jaar gelede in Orania investeer en ek is geen oomblik spyt daaroor nie. My opbrengs op kapitaal gemeet teen inflasie het alles met 25%+ oorskryf.
Ons skole in hierdie wonderlike ontwikkeling lewer prsentasiegewys die meeste Wiskunde-, Wetenskap- en Rekenaarmatrikulante op. Meer as 35 % van die leerlinge bekom internasionale beurse en erkenning vir die kwaliteit van hulle opvoeding.
Orania se "BBT" groei teen 28 % per jaar en staan tans op meer as 18,75 miljard met die EU en die VSA as hoof uitvoermark. 'n "Handelsoorskot" van meet as 75 % word gehandhaaf. Orania se sukses kan gemeet word in sy produksie wat tans menige male meer is as die plaaslike aanvraag.
Orania kan binnekort volledig selfvoorsienend wees veral met die beplanning van ons eie motorvervaardiging- en produksie-opsies.
Die grootste gevaar vir Orania is 100 % indiensneming. Dit kan enorme inflasie veroorsaak maar word eerder as 'n goeie probleem gesien.
Die per capita-inkomste van Orania mag spoedig die van die munisipaliteit van Monaco verbysteek.
Planne en beplanning vir die toekoms :
1. Bekomming van 50-100 vierkante kilometer vir nuwe nywerhede.
2. Uitbreiding en vergroting van voerkrale om aan die uitvoer vraag van A1-kwaliteit rooivleis te voldoen.
3. Monteeraanleg vir motor en motorfietse.
4. Data-versameling en -storing.
5. Landbounavorsing en tegniese instituut.
6. Ontwikkeling van Hydroponic boerdery om uitvoervraag aan te voldoen. ( Asië, Midde-Ooste, EU en Suid-Amerika.)
7. Waterskema en opgaan kapasiteit verhoging.
8. Infrastruktuur opgradering, paaie, 4.5 km internasionale lughawe vir vrag en passasiers met oog op drie miljoen in 2015.
9. Vestiging van natuurreservaat met Groot Vyf as sentrale tema.
10. Handelsbank.
11. Wind- en Sonenergie selfvoorsienend - doel 100 % teen 2020.
12. 25 Nuwe skole teen 2028 (primêr en sekondêr).
13. Agt tegniese kolleges teen 2028.
14. "Duty Free Zone " teen 2023 met voltooiing van internasionale lughawe.
15. Die ondersoek en bekomming van 'n diep hawe aan die Noord-Weskus.
Hierdie projekte is 'n paar van wat op die tafel is in verskeie fases van uitvoering.
Groete
Gerhardus
Angus, dis nie plaaslike owerheid gedryf deur politieke partye nie. Die konsep is soos "body corporate", dis samelewing binne SA wetgewing, sonder regeringsubsidies.
En ek dog heeltyd ...
Beste Hans,
"Body corporate" het reëls en regulasies. Ek kan nie insien hoe dit rym met "anarchisme" nie. Laasgenoemde beteken tog regeringloosheid.
Lees sommer ook wat Gerhardus hierbo skryf.
Groete,
Angus
Angus, nee nee. Dis verby regering-era waar gemeenskap hulself binne dieselfde raamwerk self reguleer soos regering. Moeilik om te glo, soek dit op in Engels op Google asb ...
Kringredenasies is uitputtend.
Beste Hans,
Om die saak af te maak deur dit as 'n kringredenasie te bestempel, en om my dan te verwys na google, is heel gemaklik. Waarom google jy dit nie self nie, en dan sal jy sien van "reguleer soos 'n regering" is daar geen sprake van binne 'n anarchistiese staat nie. Binne 'n anarchistiese staat is daar geen toepassing van die wet nie.
Groete,
Angus