Wat is nuus?

  • 2

Ek sien die afgelope paar dae in die koerantopskrifte daar is moeilikheid in Coligny in Noord-Wes. Slaan nie ag daarop nie, want ek is nie ingeteken op media/netwerk24 se nuus/koerante nie. Die opskrifte  lees net oproerigheid in die dorp.

Vanaand sien ek op die betaalkanaal se  nuus wat die werklike oorsaak is. Daar is blykbaar 'n seun van 12 jaar oud aangerand en is in die proses dood. Dit blyk die rede te wees waarom daar oproer in die dorp was.
Die nuusberig op die TV haal aan dat iemand gesê het apartheid is nog lewendig in Suid-Afrika. Ek is eerstens in die mense wat die daad gepleeg het uiters teleurgestel. Tweedens kan hulle nie vir hulself dink dat sulke optrede uitgebasuin en uiterste gevolge sal teweeg bring nie.

Wat my tot nadenke stem is, die voorval het 'n ooggetuie gehad wat die daad in detail beskryf het. Die hele aangeleentheid is beskryf. Die emosies van die deel van die bevolking word aangehits tot barbaarse optredes.
Die volgende kom by my op. Wanneer daar 'n plaasmoord gepleeg word, word dit so terloops genoem en verder niks. Geen "getuies" geen kennisse of naasbestaandes word mee gepraat nie. Dit is asof dit maar een of ander voorval is wat plaasgevind het.

Ek dink ons sit op 'n baie dun hoogspannings lyn wat baie vinnig moet ontlont word of in 'n situasie kan ontaard waar groot skade gaan wees.

Die mense, al die mense, is gefrustreerd met die situasie in die land. Daar is onverskilliges aan weerskante van die spektrum en moet baie gou aangespreek word. Die blankes is gefrustreerd oor die huidige situasie. Die res is gefrustreerd oor die situasie nie verbeter het nie. Die regering plaas druk op hul volgelinge deur daarop te wys dat die voorheenbevoordeeldes nog steeds aanspreeklik is vir hul situasie.

Ek is bevrees dat ek nie aan oplossings kan dink nie. My emosionele besluit sal nie aanvaarbaar wees nie. My kennis van verstand (common sense) sal ook nie die gedagtes wat by my opkom kan regverdig nie.

Ek weet net dat dit nie so kan voortgaan nie. Iewers gaan iets moet ingee.

Ons Hemelse Vader sal op die regte tyd ingryp.

Reusedwerg

  • 2

Kommentaar

  • Jy stel dit baie sagkens dat daar dubbele standaarde in die land gehandhaaf word. Sekere swart leiers beweer dat dit onmoontlik is vir swartes om rassiste te wees. Die redenasie draai om hoe kan swartes rassisties teenoor mede swartes wees. En nee, net blankes, volgens hierdie leiers kan alleenlik rassiste wees.
    Kyk na die volgende Youtube skakel waar Ernst Roets van AfriForum in die VVO forum juis hierdie dubbele standaarde, veral mbt plaasmoorde uitlig.
    https://www.youtube.com/watch?v=PhAa5tckcYw

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top