Met die homoseksuele debat word gereeld na die natuur en veral na die diereryk verwys wanneer homoseksuele dade onder die mensdom as onnatuurlik beskryf word. Die wanvoorstelling wat weergee word is dat net onder die mensdom word homoseksuele anale penetrasie deur die penis ondervind, wat dit volgens sodanige argument homoseksuele dade as onnatuurlik beskryf, die gevolge van Satan se invloed op die mensdom. Wat die proponente van hierdie argument verswyg om te noem is dat godsdiens glad nie in die diereryk te vinde is nie en met sodanige tipe argument moet dan ook geredeneer word dat godsdiens ’n ongesonde en onnatuurlike verskynsel is, maw dit druis in teen die natuur.
Feitlik bestaan beide masturbasie (ook ’n Bybelse sonde) asook homoseksuele anale penetrasie in die diereryk, met die verskil, dat net onder die mensdom alleenlik word homofobie ondervind, juis as gevolg van onnatuurlike godsdienstige invloede op die denke van die mensdom. Op YouTube en elders is talle video-clips beskikbaar as bewyse van masturbasie asook homoseksuele penetrasie van die anus in die diereryk.
Bv Masturbasie by ape:
Bv Anale sex by donkies waar albei dit geniet, gesien albei gelyktydig ’n ereksie behou en hulle dit om die beurt met mekaar doen.
http://www.break.com/video/ugc/public-gay-donkey-sex-2047111


Kommentaar
Net die wetenskap kan die antwoord hierop gee. In die Christendom is die "natuurlikheid" van seks nie wérklik die maatstaf nie. Natuurlike seksgenot was nog altyd onder verdenking en hoogs onchristelik. Om die waarheid te sê, daar is omtrent geen natuurlike seksuele praktyk wat nog nié deur Christene op groot skaal gestigmatiseer en verdoem is nie.
Spiritualiteit is die toets wat bepaal of seks Christelik aanvaarbaar is of nie, en vir byna twee millennia is voortplanting gevolglik as die enigste doel van seks beskou omdat dit dan die Vader se wil sou wees. Hierdie wêreld was net 'n voorspel tot die hiernamaals - "die wêreld is ons woning nie" - en seks-as-vermaak is deur die kerkvaders as 'n hindernis vir mense se spirituele ontwikkeling verwyt, omdat dit wesentlik 'n lyflike en emosionele - dws dierlike - ekstase is.
Alle seksgenot, insluitende homoseksualiteit en masturbasie, is reg van die begin af as 'n gevaar gewantrou hoofsaaklik omdat ons vroue, wetenskaplik beskou, sulke fenomenaal begaafde en begeerlike seksuele wesens is. Ons is as net 'n trappie hoër as diere beskou, of selfs laer, bloot omdat ons 'n seksuele natuurwonder is. Seks was suiwer natuur en daarom dierlik. Mans het oor vroue gemasturbeer en vroue oor Satan. Die Vrou was eintlik die Groot Verleier, die primêre, dierlike agent van die Duiwel.
Homoseksuele mans, weer, het die pro-kreatiewe geslagsdaad tussen mans en vroue probeer namaak en het soos vroue groot genot daaruit geput. Hulle was as sodanig dus 'n demoniese travestie van die Vader se Groot Plan vir die mensdom en moes geostraseer en doodgemaak word. Wéér was vroulikheid die skuldige faktor.
Omdat ons in omtrent alle opsigte seksueel baie "talentvoller" as mans is, is die hele vroulike geslag - paradoksaal - eers deur die Middeleeuse kerke as potensieel Sataniese seksmaniakke aan 'n eeue-lange skrikbewind van heksejagte onderwerp maar later, in die Victoriaanse era, as patetiese en minderwaardige kreature sonder enige seksuele gevoelens sleggemaak en onderdruk. Talk about a mixed Christian message!
Homoseksuele mans is nooit naastenby aan Christelike vervolging en onderdrukking van dié enorme omvang oorgelewer nie.
Seks self, hetsy "natuurlik" óf "onnatuurlik", was duidelik nie die gevaar nie; vroue wél.
As jy dus van die Christendom se historiese opvatting van seks as sulks te wete wil kom, gay seks inkluis: cherchez la femme.
Jessica
Dankie vir jou respons.
'n Heel ander en baie insigewende, dog juiste benadering tot onnatuurlike seks, van 'n godsdienstige oogpunt gesien, waaraan ek self nooit gedink het nie. Ek het in die proses met hierdie bydrae van jou steeds ryker in kennis geword.
Weereens baie dankie vir jou waardevolle inset.
Jaco Fourie