Wat het ons in 1966 gelees?

  • 2

Ek het strokiesprentverhale "gelees" en Lone Ranger was deel van die lewe, van droom en speelgoed. Ons het verskeie "gewere, rewolwers en holsters" gehad. 

Pinball het strokiesprentverhale-temas gehad. Cowboy-flieks was by inryveldflieks. 
 
Dit was nie literêre werke nie, maar het ons verbeeldingsvlugte ontwikkel, ons hand-oog ko-ordinasie verbeter en ons ure se plesier gegee. 
 
Die "ryker" kinders het het uitrustings gekry en ons "arm" kinders het begeer ...
 
Hans Richardt 
  • 2

Kommentaar

  • Ek het die Jongspan gelees. Rakkertjie Rob en sy Skotse Terriër Skottie was vir my lekker leesstof. My ouer broer het Mark Condor, Ruiter in Swart en andere gelees. Hy het later Scope skêlm begin lees. Ek het ook Wag op die Kaptein gelees van Elsa Joubert. Rentmester van FA Venter en vele ander. Het my eerste "pornografiese" tydskrif in my lewe in 1974 in my hande gehad. Dit was 'n Mayfair. Gelukkig het ek nooit 'n ergere begeerte gehad om pornografiese boeke te lees of koop nie. Het ook Landbou Weekblad gelees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top