Wat het geword van ...

  • 0

van persentasierugby –
en die ander gonswoorde
van weleer?
die SA-mikrofoonridders
saai uit soos Spiekeries –
ek kan mos sien
ek luister liewer na die
ander ouens – hulle oorsee
hulle praat “sense” en nie stront nie
SupeRugby is ’n prul spul
vorentoe aangeë wat “flat” is
mý tyd was
’n drie heel en skoon
anderkant die witlyn
die bôl nie duskant nie
’n grassprietjie was nie in tel nie
jy kon nie oorskuif nie
Dit was ’n drie – daai een van sharks wat
toe die bôl binnekant toe leun neffentjies
die lyn en nie buitekant toe nie
is ’n wit geverfde sprietjie  
regtig geraak – ag stront!
tmo-moer
Super Heroes – is vir die klontjies-hulle wat 10 is
Ag siestog!

Raed-na-Gael

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top