Ek sit vanoggend in een van die groot winkelsentrums (malls) in ons dorp. Elke jakkals en muishond is aan die skarrel en dit is soos 'n miernes. Ek word van die een na die ander winkel gesleep totdat ek sê tot hiernatoe en nie verder nie.
Ek maak myself sit op een van die bankies in 'n deurloop. Ek kry myself dat ek na amper elke persoon wat verby stap sit en kyk. Soos die lewe maar is, is daar nie twee mense wat presies dieselfde is nie.
Wat my die meeste opgeval het is die mense se oorgewig-toestand. Byna elke persoon wat verbystap is oorgewig. Daar is die wat minder oorgewig is as andere maar die deursnee van die lot is erg (obese) oorgewig. Dit is ook nie ouer mense nie, jong vroumense en mans. Daar is selfs kinders wat erg oorgewig is.
Wat kleredrag betref is daar die slonskouse en die wat netjies/skaflik aangetrek is. Die dames wat die beste aangetrek was, was die Indiërs. Die blanke dames met uitsondering was slonserig. Die ander dames ook netjies maar die klere was omtrent twee of drie nommers te klein.
Ek praat nie eers van die mans nie. Die ergste is die jong mense, vernaam die mans. Sleepvoetig, oorgewig en plein houdingloos. Dit lyk asof die jong mans NAFI is.
Ons land se mense grawe hul eie grafte met hul tande.
Reusedwerg

