Wat elke man homself moet vra

  • 8

Die brief hieronder is die mening van die briefskrywer en weerspieël nie noodwendig die mening van die LitNet-redaksie nie.

Die maand van Augustus het gekom en die maand van Augustus het gegaan. Augustus is Vrouemaand. Waarom een besonderse maand uitsonder as Vrouemaand, slaan my platvloers. 

Volgens my moet elke dag as Vrouedag gevier/herdenk en onthou word. Dit is sy wat in afwagting jou weke lank rondgedra en karwei het. Dit is sy wat die meeste op jou koms gewag het. Dit is sy wat met die uiterste baringspyne jou die lewe ingedruk het. Sy het nagte om op enige geluid wat jy sou gemaak het gewag en jou nood dadelik aangespreek. 
 
Jy het by haar veilig, beskermend en gekoester gevoel. Sy het namens jou teen die aanslae van die lewe gebid. Sy het by jou Skepper vir Sy beskerming, genade en seën gesmeek en jou aan Hom opgedra.
 
Waar kom jou woede, misnoeë, afkeer en haat vir haar vandaan? Waar en wanneer het sy jou verwaarloos, verfoei, verguis en vervloek. Wat het daardie band gebreek of geknip? Hoe kan jy dit oor jou hart kry om haar te vertrap, verniel en vernietig. Wie gee jou die reg om haar te neem sonder haar instemming, haar te stroop van haar eer en waardigheid. Wie en wat gee jou die reg om as aanklaer, regter en hangman teen haar op te tree en haar God geskenkte gawe van lewe, te neem. 
 
Is jy verontrief met haar nuut gefonde vryheid van die las of juk van patriargie wat van haar skouers af is. Word jy verward as jou gesag bevraag of selfs betwyfel word.
 
Word jy bedreig met die mindere en of gedeelde rol wat jy in jou wêreld speel. 
 
Word jou manwees bedreig of dalk getart. Staan jy onseker oor die rol van die vrou? Het die skeidslyne tussen man en vrou vir jou vervaag. 
 
Aanvaar sy is jou lewensgewer. Sy is jou hoeksteen, pilaar en anker. Sy is jou aardse begin. Sy is jou vrou en ma, sy is jou vrou en nasate se ma. Sy is jou rots. 
 
Waardeer en eer haar.
 
Reusedwerg
  • 8

Kommentaar

  • Hans, is dit 'n strikvraag of lok jy my uit om verguis te word? Kry jy nog mans deesdae of sal ek so vra, is dit nog veilig om te sê jy is 'n man? Ek dink daar is deesdae mans wat bang is om te sê hulle is mans. Goeie vraag, jy het my?

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, LOL. Deesdae kan mens kriminele klagte op die lyf loop as jy praat van 'gemiddelde man op straat"!

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, dink aan die Engelse uitdrukking- 'man of straw', vir iemand wat finansieël nie enige-iets sunstanstief het nie. Deesdae is manne vol strooi.

  • Ek gebruik die uitdrukking "I am a man of straw" nogal gereeld hier tussen die Ingelse. Ek het altyd gedink die boere is snobbe maar die lot Ingelse hier in die Laaste Buitepos is net so erg indien nie erger nie. Ek het al gramskap hier op die lyf geloop maar steur my nie veel daaraan nie. Hulle is moer skynheilig.

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, daar is baie "miljoenêrs", maar baie min kontant miljoenêrs.
    Die howe het altyd "gemiddelde man op straat" verwysing gebruik, as maatstaf vir straftoediening, maar soos jy sê, dis nou polities nie korrek meer nie.
    Deesdae praat hul van "gemiddelde persoon op straat"! So, jy sal jou uitdrukking moet verander na "person of straw"! Dan is jy polities korrek..

  • Hans Richardt

    Reusedwerg, kan mens dan nog praat van "manwees", as ons ou verwysingsraamwerk van manwees deesdae nie meer polities korrek is nie? Dit word sommer al hier op Litnet as "patriagale term" verwys, die bedreigde spesie van hetroseksuele manwees.
    Ek het oorsee amper myself beseer, toe ek in winkelsentrum se toilet staan en water afslaan en 'n "vrou" stap in, om my privaat weg te steek. Dit het al gevorder in politieke korrekte Europa en Vsa, om geslagtelik in openbaar te wees.

  • Hans Richardt

    My laaste vraag- dink jy bobbejaanspanner gaan ander naam kry wat polities meer korrek is?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top