"Wat as?" deur Andre van Wyk

  • 0

Wat as?

V1

Soos ’n sprokie begin hierdie pad van ons
Bymekaar gekom en in mekaar gedons
Die tyd was verkeerd, die afstand was daar
Die einde ’n riller, die storie gou klaar

V2

Twee karakters wat kon doen net wat ons wou
Die wêreld was teen ons al sou ons ook wou
Al sou ons ook veg was die weerstand te groot
Met Skype en SMS loop alles toe dood

Koor

Maar wat as alles anders was en Kaapstad in Gauteng kon pas?
Wat sou jy vir my kon sê as Joburg ook ’n see kon hê?
Wat as Iemand hoog daarbo die N1 dalk kon korter maak?
En ek elke aand selfs net liggies aan jou vingers kon raak …

V3

Jy’t aanbeweeg … let’s face dit … jy moes
Of moes jy langer vir my wag, dit sou ons albei verwoes
In onsekerheid vasgevang, was ek ernstig genoeg?
Ek wens ek kon jou antwoord, ek het self daarmee gewroeg

V4

Mens wonder mos maar altyd, wat’s die regte ding om te doen?
Was die antwoord dan so obvious, verspeelde kanse, blind gesoen?
Die woorde in my kop laat my sidder, laat my koud
“Om ’n fout te maak is niks, maar om niks te maak is ’n fout”

Koor

Maar wat as alles anders was en Kaapstad in Gauteng kon pas?
Wat sou jy vir my kon sê as Joburg ook ’n see kon hê?
Wat as Iemand hoog daarbo die N1 dalk kon korter maak?
En ek elke aand selfs net liggies aan jou vingers kon raak …

Bridge

As ek Tafelberg net op ’n bus kon laai
Haar hierna kon bring waar die Suidoos nie waai
As daar ’n kabelkar tot op Hillbrow-toring se bopunt was
En jy Robbeneiland kon sien van Ellispark se gras
Hier waar besoedeling en taxi’s ons lewens infiltreer
En die gejaagdheid ons uitput en alles regeer
Ek sou dit nie opgee, nie die kans vat, nie ’n  manier
Maar dan was alles dalk anders, dalk “happy ending”  literatuur

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top