Wat Afrikaans die voertaal tydens die ABO?

  • 2

De Volkstem was in "Hoog-Hollands" uitgegee. 

Die ABO het nie taal as rede vir oorlog gehad nie, maar wel Britse imperialisme. 
 
Bettina Wyngaard het met haar artikel se opskrif haar beperkte insig en kennis neergepen, weer eens. 
 
Vir my is die hofuitspraak onbillik gewees deur die kanselier van US. 'n Ander vraag is dat arm studente beurse uit Het Jan Marais Nasionale Fonds gegee word om hul studies in Engels te doen by US. 
 
Twee dinge:
 
1) Die regter wat uitspraak gegee het, is direk betrokke by US.
 
2) Die doel van die Jan Marais-skenking aan US, was om te verseker dat Afrikaans gelyke kanse kry met Engels aan die US. 
 
Vir my is dit dus onbillik hoe daar met voorwaardes van die Jan Marais Nasionale Fonds gehandel word, oa dmv regspraak oor die taalbeleid en die aanwending van fondse, met voorwaardes blatant geïgnoreer.
 
As Bettina Wyngaard dink dit mag nie bevraagteken word nie, wonder ek hoe sy en bv NMS sal voel oor bv Nelson Mandela-stigtingfonds se geld wat vir bevordering van Afrikaans gebruik word by bv US?
 
Hans Richardt 
  • 2

Kommentaar

  • Ek het my voorgeneem om nie weer op een van die persoon wat jy noem se skrywes, my gedagtes op skrif uit te druk nie. Ek weerhou my, maar moeilik, om enigsins weer enige iets wat sy sou kwytraak op te reageer. Dit is ongelukkig baie mense in die land se probleem. Die onderliggende weersin in mekaar gaan nog baie lewens vernietig, geleenthede laat verby gaan en sielsongelukkigheid veroorsaak. Om 'n gemoedsbekakking oor iets of iemand te hê, is jy besig om jouself baie moeilikheid op die hals te haal.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Reusedwerg, ek maak wel opmerkings, maar soos ons geleer was in rugby, speel die bal nie die man nie. Elke skrywer het hul eie styl, vir my lyk dit of sy die man speel.
    Ek het per geleentheid, my koper stookpot ingewy deur soet papsak te stook. Dit het goeie witblits gemaak en as ek dit in eikehout vaatjie kon verouder, sou dit goeie brandewyn gemaak het. Ek dink in alles wat slegte naam het, is daar iets goeds, as mens waarde byvoeg met 'n proses. Tans is ons wit Afrikaners en ons taal en kultuur, alles wat sleg is. Onsself het begin met prosesse om ons sg slegte verlede te verwerk met proses van Selfbestuur. Vir al die pessimiste, selfbeskikking dmv SELFBESTUUR is moontlik waar jy is. Vir die wie wil emmigreer of almalgemeer, dis hul privaat keuses.
    Intussen gaan ek rustig voort met my keuse.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top