Was daar ’n Kersvader ...

  • 0

Was daar 'n Kersvader
.. dan het hy rede gehad om ’n traan oor Suid-Afrika te stort:

 

Morele verval, armoede, korrupsie, misdaad; wan-administrasie, die gewortelde rassisme, kindermishandeling, dwelm en drank-misbruik om ’n paar dinge te noem wat hom sou afskrik.

Dan sou hy dalk die Lina Spies gedig verstaan …

Protes teen Kersfees

 

Ek gaan my koes hou
hierdie Kersfees:
horende doof vir "Stille nag"
in supermarkte,
siende blind vir wattesneeu
teen vensterrame.
die sluipende ou heer met sy rooi mantel
en wit baard gaan ek vermy.

Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk
en my voorstel hoe het die ster
bokant die stal gelyk.
Ek gaan my ore toestop
vir die geklingel van sleeklokkies
om te kan luister hoe die engele sing.

Ek wil my vasklem aan die krip
omdat ek so kan vasgryp aan die kruis:
koningshulde – wierook, mirre, goud -
uiteindelike geselslae, doringkroon, vloekhout.

(Uit: Die skaduwee van die son, deur Lina Spies)

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top