Warrelwindmens
Warrelwindmens
Gaan jy ooit jou voete vind?
Gaan jy ooit die standvastigheid kry,
Wat jou aan die aarde sal vasbind?
Warrelwindmens,
Die leemte skreeu binne-in jou
Wat is dit wat jy nodig het
Om die stemme in jou stil te hou?
Warrelwindmens,
Dit is al wat jy wil verkry
Iemand om jou vas te hou
En die storms in jou stil te kry.
Warrelwindmens,
Daar verdwyn jy alweer
Jy hardloop weg
Van die pyn en seer.
My warrelwindmens,
As jy net kon sien
Ek staan hier reg voor jou
Ek is die een, my warrelwindmens
Wat jou vas wil hou
![]() |



