Geskryf vir: Straatligkinders
Vandag het ek aan jou gedink
ons tye saam
ons liefde blind die tye saam
meer werd as goud in die somer son
die winter koud
ons liefde vir mekaar het skielik gestop
my trane vloei hart geen klop
oorals waar ek gaan kom herineringe terug van ons
twee saam en ek sug
daar sien ek jou en jou nuwe liefde
as ek maar net tyd kon terug draai
vir jou se hoe ek voel was daar dalk n kans
was ons vir mekaar bedoel
maar dis nou te laat
te laat om te verander
ek moet dit aanvaar en aan beweeg soos die ander
my liefde vir jou sal altyd daar wees
want jy was die een
wat my trane weg gevat het
my hart vinnig laat klop het

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

