anners as wat Mens gewoond gemaak,
gekondisioneer, gepavloveer, submissief,
tot onmenswaardigheid, onmenslikheid,
bestryder van alles goed, gekweek is,
resepmatig, soos in ‘n wapenfabriek
God, Bring, indien U Blief, ‘n einde, end,
aan hierdie struktuurgeweldsisteem, erg,
verergerend, dag op dag meer destruktief,
O Vader, hoekom is Mens so donners naïef?
filosofie, idee, deur “Duiwelspiek”-keiser,
vader van verleiding, god van kapitaal,
as iets Self-verrykends aan Mens verhaal,
kanti, destruksie van Gewete is prinsipaal,
prinsipieel laat Mens sjatan Koning speel
als wat Mens, Gewete-loos, aanwend,
applikeer, in werking stel, aktiveer,
transfusioneer, infekteer, degradeer,
word deel van Self-destruksieproses,
geglobaliseer, geïnisieer, verkapitaliseer
strik van magslus, struktuurgeweldstrofee,
o wee, soos inne soort Self-destruktiwiteit,
wil Mens als uitwis: geskiedenis, storie,
kultuur, taal, godsdiens, spiritualiteit
o Tyd, Millennium Drie Mens verward,
atmosfeerverandering, apokalipsies,
Heelal-Heerser se klein ou glipsies,
wil Mens mos wysmaak, tyd is kort,
innie stryd om Oorlewing van Sterkste(s),
verg Mens energie vanne heel anner aard
al lyk geestelikes, gelowiges, so bedaard,
weet hul net so goed, soos hul Skepper,
net ‘n jikeleza van paradigma kan Mens,
mede-Mens, Naaste, amper alles wat leef,
uit hierdie benardheid red, ja-nee, sowaar
ware geluk net moontlik vir Mens
Wie waarde van Gewete waardeer
Jacobus Faasen

