Heil die leser.
Ek het al menig maal gewonder; hoekom soveel mense aan fundamentalisme deel as dit dan kwansuis so problematies en ontwrigtend in die lewe is?
Fundamentalisme (gelowig of ongelowig) neem gewoonlik 'n aanvaarbare waarheid en dryf dit dan tot 'n uiterste. Sulke uiterstes groei altyd tot die een of ander afwykende beskouing teenstrydig met die gangbare idees in menige samelewing.
Afwykend en teenstrydige beskouinge, veronderstel gewis nie dat dit op sigself verkeerd is nie.
Inteendeel, fundamentaliste is meestal reg - al is dit nie noodwendig 100% nie!
Dwalinge werf nooit soveel steun soos die fundamentalisme nie.
Die antwoord op my vraag hierbo is dus heel waarskynlik; dat dit juis die waarheid in enige vorm van fundamentalisme vervat is, wat dit so aanvaarbaar vir gewone mense maak en dan soveel steun verwerf!
Daarom is dit so moeilik om teenoor fundamentalisme op te tree...
Dit help nie om Bybelversies, of nog "copy & paste" te plak nie.
Iets wat my tog hierin dra, is sekerlik maar my sin vir humor; ek het regtig al 'n paar keer van die pad af gery soos ek lag as ek waag om op my foon se klingels te reageer ...
As nederige kind van die HERE, is die katolieke in essensie ook maar 'n komedie vir my.
"Alles is wel wat goed afloop", of te wel "alles is mooi met 'n stewige end" soos 'n paar manne wat ek ken die Ingels "all's well that end's well" sou vertaal... en in Jesus Christus onse HERE, "all ends ALTYD well".
Fundamentaliste het ook deel aan die liggaam van Jesus Christus.
Hul benadering het ook goeie kenmerke.
Derhalwe dra katolieke die Evangelie aan almal uit om so 'n heel en gesonde liggaam in Jesus Christus te help bou.
Ja, en net so het fundamentaliste inderdaad dieselfde behoefte aan pastorale sorg en geestelike groei, nes enige ander hart op aarde.
Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en die hele wêreld seën.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse-, katolieke-, Boeddhistiese-, Boeregroete en Afrikaliefde,
Cornelius Henn

