Ware Anglikaners

  • 0

Heil die leser.

Ten eerste bedank ek Hans Richardt vir die sin wat hy aan die term Anglikaner gebring het.

Daar is duidelik twee strome Anglikaners; diegene wat nie genoeg van Mzansi se reënboog kan kry nie en aan die anderkant die konserwatiewe naïewelinge wat na hul verlore heil aan die Vierkleur en/of Oranje-Blanje-Blou hunker.

Dis egter ironies hoedat min in enige van die twee groepe kan onderskei tussen die Ingelse-oorlog (of te wel Anglo Boere Oorlog soos sommige daarna verwys), en die tot stand kom van die Boere Republieke meer as leeftyd voor dit nie.

Persoonlik dink ek die geskiedenis van die Boere Republieke dui onteenseglik op die verkil tussen die Boere se ideologiese verwagting en dié van die Unie se Afrikaners, of te wel ware Anglikane vandag.

Die lewe en dood van 'n Boereleier soos Hans Dons de Lange en ander kleurryke leiers soos Adam Kok III sinnebeeld die hart van die Boer. Afrikaans was wel hul taal, maar van die begin af het hulle moeite gedoen om 'n ander Afrikaans te praat as wat 'n mens tot vandag op die vlakte langs die Berg kan onderskei.

As iemand in die Kolonie hul mond oopmaak dan hoor ek 'n botandlose met 'n papsak onder die arm, maak nie saak of hulle van Daspoort na Parow "gehike" het en of hulle onder die eike sit en boeklees nie (met respek aan onse Webvoete).

As een wat 'n donderstorm op die Hoëveld en die reuk van doringbome in die Bosveld ken hul mond open, dan hoor ek weer iemand wat biltong kou.

Die punt is dat wat die taal betref, daar tot vandag onderskeid tussen die Boere se nageslag en dié aan die Kolonie is.

Daar is beslis 'n wesenlike verskil tussen 'n ware Anglikaner (bo of onder) en 'n Boer (wit of swart).

Boeregroete,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top