want

  • 0

ons stap nie meer saam hand aan hand
op ’n maanlignag langs ’n Suidkus strand
want

ons maak nie meer kampvuur bo in die berge
nagte alleen so onder die sterre
want

ons eet nie meer by kerslig uit
daar waar ons saam oor die baai kon kyk
want
 
ons slaap nie meer somers in die agterplaas
  lê en luister hoe die bure praat
want

ons stop nooit meer by ’n padkafee
vir ’n roomys of ’n coke vir twee
want

ons loop nie meer saans in ons woonbuurt rond
 so vrolik saam met ons keffer-hond
want

luidens ’n duisend voorbladberigte
  lê ons twee ook grusaam vermoor
op al hierdie plekke
tien duisend sinnelose kere
 oor en oor
en oor

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top