Want ek kan
Klaar gepak,
Met net my trots in my sak
Trek ek na Somerset-Wes
Waar ek my lewensdors les
Klaar baklei
Met net die leemte wat oorbly
Is ek siek van bestaan
Net vir die skyn van vrede
Ek gaan nou weer
Dans daar in die reën
Want ek kan sing wanneer ek ween
Ek is alleen hier sonder jou
Maar ek is nie meer eensaam
Jare kom en gaan
En ek kan hierdie tyd deurstaan
Ek gaan ‘n nuwe lewe bou
‘n lewe sonder, sonder jou hier
Nuwe huis,
En selfs ‘n nuwe beroep
Gaan ek die vreemde in
Na waar die horison my roep
Nuwe maats,
Die kinders pas goed aan
En soms hunker ek na
‘n paar liggeel dae
Ek gaan nou weer
Dans daar in die reën
Want ek kan sing wanneer ek ween
Ek is alleen hier sonder jou
Maar ek is nie meer eensaam
Jare kom en gaan
En ek kan hierdie tyd deurstaan
Ek gaan ‘n nuwe lewe bou
‘n lewe sonder, sonder jou hier
Brug
Die kinders is by jou
En nou’s dit stil hier rondom my
Ek weet ek moenie dink
Aan wat kon wees
Maar iewers, êrens anders
Roep die lewe uit na my
En dankbaar staan ek op
Want ek kan nou weer
Dans daar in die reën
Want ek kan sing wanneer ek ween
Ek is alleen hier sonder jou
Maar ek is nie meer eensaam
Jare kom en gaan
En ek kan hierdie tyd deurstaan
Ek gaan ‘n nuwe lewe bou
‘n lewe sonder, sonder jou hier
![]() |



