Wanneer kom die reën?
Hier in my huisie
langs die N2
Bly ek met ander
net soos ek
Sien die berg van hier af
Kan dit amper raak
Maar dis so vêr
Weg van hier
Mmm, mmm, mmm
Wanneer kom die reën?
Kom die donker
sluit ek my deur
Teen die hele wêreld
en my bang
Hier seil die nag
Soos ? slang
En mag hy jou dalk
net vang
REFREIN:
Soms is die wind so kwaad
jaag al die papiere deur die straat
En wie sal my kan sê wanneer dit gaan lê?
En wanneer kom die reën?
Mmm, mmm, mmm
Wanneer kom die reën?
Teen die grootpad
staan ? bord
Dit sê “Ek’s getoets
wat van jou?”
Gister se môre
is tog vandag
En alles gaan immers
net oor nou
REFREIN
Hier in my huisie
langs die N2
Bly ek met ander
net soos jy
Sien die berg van hier af
Wil aan dit raak
Maar dis te vêr
vêr, van my
Mmm, mmm, mmm
Wanneer kom die reën?
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


