Wanneer is saamgeflanste frases dan 'n taal?

  • 1

Daar is huistaalsprekers wat nou die pryssanger se tirade as onsamehangende bevraagteken. As Nama nog as taal in die Noordkaap se grensgebied met Namibië bestaan, waarom word dit nie erken nie en moet 'n taal geskep word? 

Ek verstom my aan sinnelose drome van dromers in SA deesdae, wat wiel weer wil uitvind.

Op hierdie noot, sou die sg "koloniale" setlaars goed ontwikkelde gemeenskappe hier gekry het, het hierdie gemeenskappe seker al wiele gebou en met oskarre na die Kaap gery om na setlaars te gaan kyk?

Groete

Hans Richardt 

  • 1

Kommentaar

  • Ek bemerk dat niemand jou hierop wil antwoord nie. Laat ek maar dan probeer.
    "Saamgeflanste frases" kan nooit "'n taal" wees nie. Dit kan wel taal wees.
    Overgesetsynde: dit kan nooit Russies of Spaans, Duits of Engels, Afrikaans of Koekenkaaps wees nie, maar dit kan wel kommunikeer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top