Wanbalans
ek het opgehou
(wees)
sodat jy kon begin
(om te wees)
en soms as dit donker was
het ek myself met lig omgord
sodat jy oningehok kon wees
(en bly)
en altyd
buite die pyn
van donker ontwrigting
en soms
as jou aanspraak my beangs het
het ek jou verwardheid gedrink
soos my eie dors
en jou naam koesterend
in lug verklaar
soms
soms het ek ingeboë bly staan
en onkeerbaar my skoot
soos ’n halm
teen die koers geslaan
want ek het verstaan dat jy blind was
en doof
vir my teerdere eed
© A Marais 2017

