
Fotobron: quitgroups.com
Hello. Sê sy in Engels.
Hallo. Sê ek in Afrikaans.
Sy is die female weergawe van Koos Kombuis, you know? Sê sy in Engels.
Dis befok. Sê ek in Afrikaans.
Saam word ons toe opgewerk;
in vingertaal word daar beduie en geskree.
En word al die probleme in ons wêreld opgelos.
Al is dit ook dan net vir vanaand.
Heeltemal te liberaal vir waaraan ek,
‘n hypocritical conservative gewoond is.
Bevind ek myself in ‘n milieu waarin ek
geïnspireer voel.
Dank die Heer.
Dankie vir swaarkry, lui die woorde in my kop.
Want swaarkry neem alles.
En los net die waarheid vir ons oor.
Drink jy rooiwyn? Vra ek in Afrikaans.
Ja. Antwoord sy in Engels.
Sy sit Jeff Buckley aan.
Hierdie is ‘n slegte idee. Sê sy in Engels.
Ek weet. Sê ek in Afrikaans.
En ons verdwyn,
in walms en in wyn.


Kommentaar
Lekker Kabous! Well done, dis fantasties.
Dis lekker as ek 'n gedig lees en ek kan die hele storie voor my sien!
Oneindig mooi! Well done!