uyayaz’ izinto, denge, wyses, maniere,
mamela, veeltalige, Malema-berisperaar,
moenie dink AMCU se fanaghalô isse taal,
formeel, ampt’lik oppie lys van ampt’likes
kanti, kwansuis hou hul vergadering in flaaitaal,
bestaan daar so ’n oorblyfsel, uit apartheidstyd,
vir kommunikasie-doeleindes, krinkelkraakvars,
span hulle fanaghalô in, gepeper m’t Afrikaans
hul heel eie wyse van komm’s, deur g’n niemand,
van bo af afgedwing, deesk’ mengelmoeseltaal,
deur een of anner myntaalpraktisyn ammekagelas,
innie lig van omstandighede, prakties, doeltreffend
moet “isiBhulu” m’skien by haar gat kers opsteek,
hoe Mens houvas, illegitimiteit, afskud, uit’t t’breek
Jacobus Faasen

