Wag
Staan hier by die trein stasie
Kan nie wag om jou weer te sien
Jy is my inspirasie
Jy is my tien uit tien
Daar's soveel nagte omgehuil
wat ek dink aan jou smagtende lippe
Dis soos 'n skip wat oor die waters seil
Tog sag en vol ritme
REFREIN:
Ek wag hier vir jou
Ek wag, elke dag en elke nag
Ek wag hier vir jou
Kom terug, na my toe vandag
Nagte kom en nagte gaan
Waarom laat jy my so ly?
Want hier waar ek staan
is jy nie aan my sy?
Steeds huil ek nagte om oor jou
Wanneer ek dink aan jou oë
word ek ingesluk, deur die see se blou
in onvermoë
REFREIN
Uit die bloute
het jy my lewe in gestap
Met jou medic sak
my hart weer vasgeplak
Jy is weer terug by my
die wag is verby
Het jou weer gekry
by my, die wag is verby
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


