Waarom is party mans gay?

  • 18

Ek weet nie of daar werklik ’n genetiese oorsaak is, soos beweer word nie. Op ’n stadium is gesê dat ’n sekere geen meer dikwels voorkom in gay mans as in die breë manlike bevolking en dat hulle daardeur dan ’n sterker neiging tot homoseksualiteit sal hê.

Myns insiens word gay oriëntasie en gedrag veroorsaak deur dinge wat in jou kinderjare gebeur, wanneer jou seksuele voorkeure in jou vasgelê word op ’n kritieke stadium van jou ontwikkeling. Dit kan selfs rondom geboorte al begin. Daar is baie soorte gays en waarskynlik ook baie oorsake. Neem byvoorbeeld prisoniers wat lank afgesonder word van vrouens en hulle dan wend tot ander mans vir seksuele bevrediging. Maar homoseksualiteit kom in verskillende grade voor. Die prisonier sal gou weer "normaal’ optree as hy vrygelaat word en toegang tot vrouens het. Op ’n skaal van een tot tien staan hy op nommer een. Maar aan die verste punt van die skaal staan diegene wat nooit kan verander nie. Want homoseksualiteit gaan nie net oor seks nie, maar vir baie is dit ’n diepe, emosionele aangetrokkenheid.

’n Veertienjarige seun wat effens verwyfd voorkom, is nie noodwendig gay nie. Baie jong seuns lyk maar so en is dalk daarom ’n teiken vir pedofiele. Al word so ’n kind nie misbruik nie, mag dit egter gebeur dat familie en vriende hom as gay beskou en hom, dikwels onwetend en deur hul optrede, in daardie rigting stuur. Hy kan dan as gay begin leef, tot hy later besef dis nie eintlik wat hy wil wees nie. Dit sal dan vir hom moontlik wees, hoewel miskien moeilik, om sy seksuele gedrag om te swaai.

Werklike, egte gays gaan dikwels deur ’n diepe en pynlike sielswroeging, omdat hulle weet die gemeenskap en godsdienstiges veroordeel hulle, en omdat hulle graag ook "normaal’ wil wees. Vir baie is ’n verandering egter nie moontlik nie. Selfs aversie terapie is in die verlede bewys om nie effektief te wees om hulle te verander nie. Hy mag dit egter vir ’n rukkie voorgee, om uit die terapeut se kloue te ontsnap. So ’n persoon gaan ’n ongelukkige, swaarmoedige lewe tegemoet, tensy en totdat hy aanvaar dat hy gay is en dat hy steeds sy God kan aanbid. Want dit is mense en outydse geskrifte wat hom veroordeel, nie God self nie. God verstaan.

Die kerke en baie godsdienstiges doen ’n groot onreg om gays te veroordeel en verwerp, en sal eendag daarvoor verantwoording moet doen.

Groete,

Varkspek

 

  • 18

Kommentaar

  • Beste Varkspek.

    Ek hou van jou brief.  Jy is heel duidelik iemand wat die lewe met 'n oopgemoed deurgaan, 'n persoon met empatie en 'n onafhanklike denker.  Dit in teenstelling met die modern Fariseers wat Jesus laat kruisig het en wat 'n gedaante van Christelikheid voorstaan, maar die krag daarvan verloen;  wat met eiegeregtigheid beklee is, die mooi wit versierde grafte met die verrotende doodsbeendere daaronder.  Hulle is juis diegene waarvan Jesus gewaarsku het wat ten tye van hul verwerping in die hiernamaals sal kerm:  "Het ek dit nie tog alles in jou naam gese en  gedoen nie?" en waar Hy antwoord. "Ek het jou nooit geken nie!."

    Jaco Fourie

  • Kobus de Klerk

    Varkspek,

    Dit is natuurlik nie net party mans wat homoseksueel is, nie. Dit kom sekerlik, ewe ongelukkig, ook by vroue voor.

    Onthou, die mens trek van nature nie teen iets te velde, wat natuurlik is, nie. Julle laat daardie basiese konsep so geredelik buite rekening. Indien mense oor die algemeen teen iets te velde trek, veral oor 'n lang verloop van tyd, soos met homoseksualisme (die praktyk), dan moet jy mos weet...

    Ek dink die wanpersepsie wat jy ook maar koester, is die bewering dat sogenaamde kerke en sommige Godsdienstiges homoseksuele mense ‘verwerp’. Dit is wat julle vir mekaar, onder mekaar, sê. Uiteraard sál dit dan tot ongelukkigheid en selfs wanhopigheid lei. Maar die waarheid lyk anders – totaal anders.

    Gelowiges verwerp nié homoseksuele mense nie. Gelowiges verwerp die praktyk van homoseksualisme. Daar is ’n yslike verskil. As gelowige mense werklik homoseksuele mense verwerp het, dan sou mense soos William Hernandez en talle ander wat ’n bekering van homoseksualisme ondergaan, in die eerste plek, nie ’n kans gestaan het, nie. Gelowiges ken nie werklik 'n klomp verskillende klasse homoseksuele nie. Daar is wél dalk twee en dit is diegene wat ’n homoseksuele lewenstyl met seks en al uitleef en ander wat die versoeking daartoe suksesvol bedwing en steeds homoseksueel is, maar selibaat só.

    As jy reg was (en dit is ’n verskoning waaragter homoseksuele baie dikwels skuil – naamlik dat gelowiges en kerke hulle uit die staanspoor verwerp), dan sou Hernandez en talle ander soos hy, wat tot bekering kom, nie ’n kans gestaan het, nie. Om jare lange homoseksuele praktyk soos met ’n skakelaar af te skakel, is, soos ek dit verstaan by diegene wat betrokke is, nie doenlik nie. Die proses om daarvan te bekeer, soos in die geval van die gewese aktivis Hernandez, verg baie beslis bystand – van gelowiges. Daarom is die bewering dat gelowiges homoseksuele sommer net uit die staanspoor verwerp, totaal ongegrond.

    Gelowiges weet – die mens word nie en mág nie verwerp word, nie, maar die sonde, wél. Daarom is, uit die oogpunt van die ware gelowige, die mens skeibaar van sy sonde. Die mens kan die sonde laat staan en daarom sal dit sonde wees vir die een mens om die mens te verwerp. Só ook met die sonde van homoseksualisme (die praktyk). Daar word soms gesê dat daar in San Francisco, 4 uit elke 100 mense geneig tot homoseksuele aktiwiteite is. Elders val die getalle tot breukdele. Maar die gelowige mens kan hom nie hierin verlustig nie - feit is, voor God, is 100 uit elke 100 mense, tot sonde geneig! Gelowiges besef dit terdeë. Daarom sál ware gelowiges nooit die homoseksuele mens verwerp nie, maar hom eerder wil bystaan om daarvan bekeer te word. Daar is geen gronde vir jou om te sê sommige mense kan nie van homoseksualisme bekeer word nie.

    Wat is die verskil tussen homoseksuele en werklike egte homoseksuele? Beide begeer die vlees van dieselfde geslag. Die ‘diepe’ emosies wat soms manifesteer, is soos met enige ander mens. Daar is gevalle van pedofiele wat hulle diepe liefde vir kinders verklaar en só regverdiging soek vir ’n afstootlike sonde. Dan is daar psigopate wat liefdesgedigte skrywe vir hul slagoffers – óók steunende op sogenaamde spesiale, diep gevoelens. ’n Man het sy beste vriend opreg lief, soveel só dat hy sy lewe vir sy vriend sal waag indien nodig – maar daar is géén sprake van erotiese aangetrokkenheid nie. Só ’n vriendskap lees ons van tussen Dawid en Jonathan van ouds. Vir jou om te sê dat dit anders is in die geval van homoseksuele omdat sommige van hulle diepe, emosionele aangetrokkenheid ervaar, neem die kwessie dus niks verder, nie en regverdig ook niks, nie. Emosies is wilde perde wat soms tot moord kan lei... is dikwels die resultaat van beheptheid en  begeerte, niks anders nie. Sulke homoseksuele (met diepe emosies en aangetrokkenheid) is nie in ’n spesiale klas van hul eie nie… dit is ’n hersenskim.

    Dit is net só weens daardie betrokke mens se eie keuse, maar homoseksualisme hoef nie nié ’n transendentale mag oor die mens te wees, nie. As die mens God werklik aanneem, kan hy in die krag van God oor die vleeslike begeerte tot homoseksualisme heers, dit wil sê, dit teëwerk en daarvan bekeer word, net soos met enige ander sterk versoeking wat tot sonde sal lei. Die verantwoordelikheid om daardie besluit te neem, is dié van die mens.

    God verstaan? Korrek. God verstaan dat mense in die versoeking kom. Maar God maak dit ook duidelik dat die mens dan die oplossing by Hóm moet soek om die versoeking die hoof te bied – nie om jou aan die versoeking oor te gee, nie (daar is géén getuienis dat God soiets sal ‘verstaan’, soos in oorsien, nie, maar getuienis tot die teendeel, is daar baie) by allerhande soorte terapie, soos aversie terapie, nie.

    Dit is nie verniet dat God die hoogste offer betaal het, deur Jesus Christus die HERE, júís om die mens tot hulp en tot Krag te kom, om die sonde versoekinge die hoof te bied, nie. Hernandez en talle ander kan dáárvan getuig. Dít is Liefde met ’n hoofletter, die Liefde van God. Om dít te misken of te versmaai, is om God se Liefde in Sy Aanskyn te wil teruggooi. Dít sal voor verantwoording gedoen moet word, eendag, soos jy sê.

    Terloops, Varkspek, daar is net die één God. HY is die Een Wie deur die dal van die dood vir jóú gegaan het… Miskien kan jy dit nie verstaan nie. Dit is ook nie nodig nie. Glo dit net en dit sál vir jou verlossing bring.

    Sterkte,

    Kobus de Klerk

  • Dag Varkspek,

    ek neem dan dat jou laaste paragraaf na verantwoording voor G_d verwys.Indien wel, kan jy 'n Bybelverwysing daarvoor gee?

    Duitswester

  • Kobus de Klerk

    Jaco,

    Interessant om te sien hoe jy, wat ander beskuldig van hipokrisie, self onuitstaanbaar hipokrities is.

    Jy is geboekstaaf dat jy ’n ateïs is en hoegenaamd nie in God of Jesus Christus die HERE glo, nie. Tog, wanneer dit jou pas, haal jy Jesus aan, soos jy weer hierbo doen.

    Die grootste deel van kommentaar aan Varkspek, gaan oor uittreksels uit die Woord. Daarmee probeer jy gelowiges bykom. Nou lewe die HERE en die Woord vir jou en is die Oordeel in die hiernamaals vir jou ’n werklikheid om die gelowiges mee te probeer bykom en soek jy steun dáár vir jou aanval op hulle… nie dat jy weet wat jy doen, nie, want die HERE sal nooit iemand veroordeel wie die Waarheid, Sý Waarheid, verkondig nie, want dit is immers Sy direkte opdrag.

    So, het jy intussen tot bekering gekom - het jy nou aanvaar dat God lewe, dat Jesus Christus uit die dood opgestaan het, sodat Hy in die hiernamaals op die Regterstoel kan sit om te oordeel op die dag van Sy Oordeel, met dié dat jy Hom as gesag aanhaal soos jy Hom wél hierbo probeer aanhaal - of het jy heimlik nog nooit werklik geglo dat God nie bestaan nie en nou eers openlik daaroor getuig, of is jy maar net weereens net nóg ’n onuitstaanbare hipokriet wat die Woord probeer misbruik soos en wanneer dit jou pas.

    Watter hipokriet-gewitte grafsteen-skoen pas jou?
    Kobus de Klerk

  • Beste Kobus

    Ek het nie jou naam hierbo genoem nie, maar dit lyk vir my jy het dit tog op jouself van toepassing ge-ag.  As die skoen jou pas maat, dra dit. 

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Duitswester,  

    Sjalom.  

    Ek weet nie waarom jy vir Varkspek uitdaag nie, maar ek deel die volgende heelhartig in die liefde en genade van YESHUAH HA MESCAICH.  

    Matteus 7:1,2 Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.  

    Uit Matteus 23; Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk! Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? 

    Markus 12:40;  hulle wat die huise van die weduwees opeet en vir die skyn lang gebede doen. Hulle sal 'n swaarder oordeel ontvang.   En so kan 'n mens nog menige vers uit die Bybel aanhaal ...  

    Maar Duitswester, in Johannes 8 leer Jesus Christus onse HERE die volgende; Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie. En al oordeel Ek, my oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek en die Vader wat My gestuur het. En dit is ook in julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is. Dit is Ek wat van Myself getuig; en die Vader wat My gestuur het, getuig van My. Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.  

    Die Fariseërs destyds -  nes menige Christen vandag, weet nie eens dat Jesus Christus onse Hemelse Vader is nie.  

    Duitswester, YESHUAH HA MESCAICH het vir ons opdrag gegee: Gaan die hele wêreld in en verkondig die Evangelie aan die ganse mensdom (Markus 16:15).  

    Mag YESHUAH HA MESCAICH, onse GOD, VADER en MOEDER wat ons lief het, self ons harte vertroos en ons versterk in alle goeie woorde en werke (2 Tessalonisense 2:16).  

    Namaste!  

    Futuristiese Abrahamitiese Hindoe en Boeddhistiese katolieke liefde,  

    Cornelius

  • CorneliusHenn

    Jaco,

    Soos ek elders ook met jou gedeel het - stel jouself voor; 'n oneervol geskrapte prokureur wat ongegronde statistiek uit die 90's aanhef as "die Waarheid" om ander teen sogenaamde "misdadige homoseksuele" te waarsku.

    Soek eers die balk in jou eie oog en glashuise met klippe het geen betekenis vir Kobus in sy toestand van haat nie.

    Al was jy in jou hart vandag oorweldig in die liefde en genade van Jesus Christus ons GOD, sou dit geen betekenis in die oë van die ou grote de Klerk had aangesien jy Kobus nie eer nie.

    Dink jy nie ook die hipokriet-gewitte op sy huiskerkbende-stelsel seepkissie kry te veel aandag nie?

    Cornelius

  • Varkspek

    Hierdie is 'n moeilike storie.  Soos Kobus sê, daar is ook vrouens wat hulle eie geslag verkies wanneer dit by erotiese liefde kom.  Hierdie verskynsel kom onder diere ook voor maar, ,lyk dit my, by diere is dit baie soos die geval wat jy noem ten opsigte van gevangenes - die terugskakel na normaal toe is ... wel, normaal. 

    Ek het destyds (toe Moby Dick nog 'n guppy was), toe ek by Lanbou Tegniese Dienste gewerk het, gesien hoe die ouens saad vang by die bulstasie in Irene.  Hulle lei die bul na 'n ander bul toe (hulle reken die risiko is te groot dat hy 'n koei se rug sal breek) en dan moet die ou sy vang ken want die bul ejakuleer sulke stringe terwyl hy nog in die proses van opspring is.  Hulle sê met 'n vark is dit nog makliker; hulle sleep bloot 'n boomstomp nader en die beer doen sy ding.

    Ek kan nie saamgaan met Kobus se uitspraak dat dit slegs 'n versoeking is om te weerstaan nie.  Sonde, oor die algemeen, is die lekker dinge wat jy aanvang as jy op die breë afdraande pad is.  Soos my een swaer sê as hy sy eerste sluk van sy whisky vat, "die sonde is darem lekker."  Jy kies sonde in oomblikke van swakheid maar ek twyfel of die gay kies om gay te wees. 

    Hoekom sou hy; hy moet hoon en verwerping verduur, hy voel hy stel sy ouers en familie teleur en na jare se wroeging klim hy uit die kas uit (en party klim dalk nooit uit nie). 'n Vriend van my het altyd, as hy 'n gay gesien het, iets gesê soos "kyk daai trasgat, ek's sommer lus en gaan bliksem hom."  Ek het op 'n stadium vir hom gevra waarom hy so aggressief teenoor hierdie ouens is en sy verklaring was dat so'n ou moet net reg gemoer word, dis al.  Nie lank daarna nie toe klim hý uit die kas uit, los sy mooi vrou en kinders en hy's weg.  Ons was almal baie verbaas want hierdie ou was 'n bielie, recce en als in die army.  My vrou het altyd gesê dis die handsomeste ou wat sy nog gesien het.

    Dit moes moeilik gewees het. Ek meen, hoe maklik is dit om jou vrou en kinders te los?  Sy kindertjies was op daardie stadium nog nie eers in die skool nie, so wat sê wat sê jy vir hulle?  Ek glo daar is geen manier wat hierdie ou gekies het om gay te wees nie, om sy gesin en dalk familie deur 'n geweldige wroeging te sit net omdat hy "sonde" gekies het nie.

    So, as niemand sy seksuele oriëmtasie nie self gekies het nie, wie is ons om te oordeel? 

  • Kobus de Klerk

    Hoe maak mens met ’n rein gewete gesondheidstatistiek sommerso af, al kom sommige daarvan uit die vroeë negentigs? Al wat nou, ’n dekade later, onakkuraat dááraan is, is dat dit nou verouder is en dat die getalle van siekes en siektes intussen geweldig toegeneem het. Bemoedig dít julle? Is julle ongeërg dáároor?

    Hoe maak julle bevindings wat in bekende en gerekende mediese tydskrifte soos The Lancet en die Annals of Internal Medicine gepubliseer word en die navorsingswerk van dr. Judith Reisman, Ph.D. (voorsitter van die Institute for Media Education en die amptelike konsultant vir die U.S. Department of Justice; U.S. Department of Education en U.S. Department of Health and Human Services; asook internasionale konsultant en kenner op die studies rakende die sogenaamde ‘fraudulent sex sciences’ en wie ’n indringende studie oor die effekte van homoseksualiteit op die gemeenskap in die breë, gedoen het),  sommer af asof dit verdigsels en ongesubstansieerd is? Watter gesag dra julle sinnelose en insiglose geklets daaroor? Julle besef blykbaar nie hoe julle hantering daar van julle eie posisie benadeel nie. Aan Cornelius is daar al lánkal nie salf te smeer nie, maar wat van jou, Jaco?

    Hoe kan jy, Jaco (op Kerneels kan mens geen ag slaan nie, want hy praat enigeen na soos hy sy mantel gedurig sinneloos draai ), ’n studie bevinding van Reisman, dat “These findings show dramatic "orientation" differences on all critical variables which are not statistically attributable to chance, and all of which report, statistically, a homosexual lifestyle of compulsive and sadistic promiscuity, disinclined to commitment and inclined to prostitution and the sexual abuse of minors” probeer afmaak as nonsens en maak asof die homoseksuele lewenstyl nie ander mense nadelig raak, nie?

    Dit is hierdie soort van onverantwoordelike en oneerlike hantering van feite en waarheid, wat julle in julle uitlatings en standpunte so onbetroubaar en irrelevant maak  - Cornelius is al lankal uitgewys en sedertdien doen hy niks anders as om dié uitwysing van sy leuenagtigheid en onbetroubaarheid en irrelevansie gestand te doen, nie. Wil jy is sy spore volg, Jaco? Jy het tot hede nog, aanspraak gemaak op onverdunde openlikheid… maar waarmee is jy nóú besig?

    Kobus de Klerk

  • Beste Kobus

    Lees my response tot Stephanie se brief rakende my siening oor jou benadering hier op SeNet. Ek wil dit nie hier herhaal nie.

    Wees verseker ek het, en steeds, altyd die siening gehuldig dat jy nie oningelig oor jou vakgebied (godsdiens) is nie, inteendeel.  Dat jy sterk standpunt teen homoseksualiteit inneem kan ek aanvaar en kan dit in die lig van jou godsdiens ook verstaan, en verwag hoegenaamd nie dat jy jou sieninge daaromtrent enigsins moet kompromeer nie.

    Waar ek voel jy die eerlike lyn van debatvoering oortree het, en sodoende opruiende woorde rakende homoseksualiteit kwyt geraak het, was toe jy die indruk by die leser wou skep dat 'n miniskule minderheid in die samelewing (gays) vir amper meeste van die sosiale kriminele eeuwels verantwoordelik is. Jy en ek weet dit is hoegenaamd nie waar nie, tog probeer jy met verdagte statistieke en rapporte hierdie siening staaf.

    Dit laat my terugdink aan die geskiedenis, waar die Romeinse keisers, veral Valerian en Domitian, Christene die skuld vir al die eeuwels van die tyd gegee het, en dit als verskoning gebruik het om Christene te vervolg en te probeer uit te wis.

    Jaco Fourie

     

     

     

     

     

     

     

     

     

     

  • CorneliusHenn

    Ja, tot vervelens toe; "uitgewys" deur iemand wat  in sy beroep oneervol van 'n rol geskraap is - iemand wat uit wellus en gewetenloos met 'n Bybel onder die arm ander se harte in sy sensasionele kammahof vertrap?

    Die ou grote Kobus de Klerk - wat 'n klug!

  • Kobus de Klerk

    Jaco,

    Jou probleem is ook maar dat jy met ’n bevooroordeelde bril op, my briewe lees. As jy weer lees, sal jy sien dat ek juis vermeld dat die balans van die persentasies misdrywe waarvan in die statistieke melding gemaak word, deur nie-homoseksuele mense gepleeg word. Dit staan duidelik in my heel eerste artikel oor die homo-kwessie.

    Maar lyk my jy is maar net so stompsinnig soos Kerneels as dit jou pas. Hy kan nie insien dat ek na statistieke verwys, nie. Hy maak asof dit my eie bevindinge is en so doen jý ook.

    Is ek verantwoordelik vir die statistieke? Maar dit is openbare statistieke en kon nog nie verkeerd bewys word, nie. Indien wel, sou dit baie duidelik vermeld word, net so duidelik soos die statistieke self. Ek het dit gewoon uitgewys.

    En die ander punt wat ek maak en dit sien jy en jou skoothondjie, Kerneels, blykbaar geriefshalwe oor die hoof, is dat homoseksuele, kom ons wees uiters liberaal, sê, 5% van die Europese en Amerikaanse bevolking uitmaak (dit is báie minder, maar ek gaan liberaal wees vir doeleindes van my argument). Uit dié 5% van die bevolking, wat homoseksualiste verteenwoordig, word, indien jy die statistiek behoorlik interpreteer, ongeveer gemiddeld 42% van die totaal van die vermelde kategorieë misdrywe gepleeg en die ander 58% gemiddeld, deur die res van die 95% van die bevolking gepleeg, word. Dit is die ongenaakbare feite wat die statistiek uitblaker.

    Dus, statisties gesproke, is die per capita gemiddelde van mense wat misdrywe in daardie kategorieë pleeg, véél hoër by die homoseksuele lede van die bevolking, as by die res van die bevolking, wat 95% uitmaak. Ons kan dit sommer maklik verduidelik.

    Gestel daar is 100 misdrywe in spesifieke kategorieë wat deur 1000 mense gepleeg word elke jaar. Slegs 50 (5%) van daardie 1000 mense, is homoseksuele. 950 (95%) van die mense, is nie homo’s nie. Maar, ooreenkomstig die statistiek, word 42 van die 100 misdrywe deur die 50 homo’s gepleeg, terwyl 58 van die 100 misdrywe, deur die ander 950 mense gepleeg word. Dus, die meerderheid misdrywe word deur die nie-homo’s gepleeg, máár teen ’n gemiddelde per capita koers van ongeveer 0.061 misdrywe per nie-homo persoon, terwyl die per capita koers ’n duiselingwekkende 0.84 per persoon onder die homoseksuele verteenwoordig. Die insidensie van die pleging van daardie kategorieë misdrywe onder homoseksuele as groep, ooreenkomstig die statistiek, is derhalwe bykans 13.8 keer so hoog as by die nie-homo groep.

    Ek verwag nie van Kerneels enige vorm van insig nie. Kyk gerus na sy snert, redeloos, verstandeloos, irrelevant soos dit is. Hy refrein dieselfde snert by elke artikel waar ek betrokke is. Hy is só dwaas. Al waarna hy kan verwys, is my skrapping van byna twee dekades gelede. Hy beskik nie oor die insig dat dei lewe intussen aangegaan het en dit géén effek het op wat ek hier en elders skrywe en doen nie. Hy is irrelevant en insigloos. Hy was  nog nooit in staat om ’n argument voor te hou nie. Hy beskik gewoon net nie oor sulke vaardighede nie. Mense ignoreer hom lankal. Voor dit het sarsies mense sy leuens en plagiaat uitgewys. Almal het moeg geword om dit elke keer te doen en lankal reeds besef mense dat  op niks wat hy skryf, ag geslaan kan word, nie. Hy het die woer-woer van agnostici geword, om te sien hoe hy ’n gek van homself maak – ’n bietjie heuning om sy glibberige mond en hy manifesteer soos ’n brommer by ’n miskoek. Hy is waarlik irrelevant. Om sy irrelevante argumente te volg, is dat iemand met die argument vorendag kom dat, omdat hy ’n pienk bril dra, die woordeboek waaruit hy aanhaal, foutief is. Dit is die klas van snert wat ons van Kerneels kan verwag en ook telkens, sonder uitsondering, kry.

    Maar ek verwag meer van jóú Jaco.

    Dus, my argumentering is eerlik en deur die statistieke gestaaf. Jou ontkenning daarvan en jou poging om my verdag te probeer maak, is die oneerlike gedrag.

    Jan Rap se argument dat hy nie dink dat homoseksualisme ’n versoeking is, nie, omdat, volgens sy argument, niemand vrywillig sal kies om iets te doen waaroor hy gespot, gehoon en verwerping moet verduur, nie. Maar die blote sielkunde van menswees weerspreek hom, verál by emosionele kwessies soos homoseksualisme. Hy kan nie die menslike psige probeer uitredeneer en kategoriseer soos ’n rekeningkunde sommetjie, nie. Wat hy skoon uit die oog verloor, is dat homoseksualisme in die ‘kas’ ontwaak en gekoester en vertroetel word en gepleeg word, báie lank voor dit uiteindelik, dikwels na jare van in-die-kas bedrywighede, eers aan die lig kom. Teen daardie tyd, het dié onnatuurlike situasie die arme homoseksueel al só vasgevang, dat daar kwalik ’n skakelaar afgeskakel kan word. Dit is daardie soort van oorvereenvoudigde ondeurdagte redenasies, soos dié van Jan Rap, wat dinge vir algar betrokke net moeiliker maak.

    Homoseksualisme is nié ’n logiese rekenkundige som nie – en die homoseksueel se optrede is dienooreenkomstig óók nie ’n logiese rekenkundige formule nie. Vir ’n homoseksueel om vrou en kinders te los, is klaarblyklik maklik. Té maklik. Die versoeking om agter ’n ander van sy eie vlees aan te loop, is te groot vir hulle. As die Jan Rappe van dié ou wêreld bietjie meer betrokke raak by dié soort van issues, in stede van om op die stoep met bier-in-die-hand op ’n afstand daaroor te sit en kibbel, sal die werklikhede en perspektiewe tot húlle ook deurdring. Dán eers, sal die Jan Rappe besef dat hy met báie ander oë na sy vrou en kinders kyk, as die homoseksueel in dieselfde posisie.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Ag tog ou Kobus (of moet ek dit in jou trant aanroep; Kobus, Kobus, Kobus ...), jou skrapping van die rol vir eerbare prokureurs twee dekades gelede, was maar net die puntjie van die ysberg (die oortjies van die seekoei). Jy't sedertdien in jou "geroepe" wellustige en duiwelsgeestelikheid om jou medemens te probeer uitbuit en te wil onderdruk, veel vererger (ek kan mos self ook daarvan getuig). Jou gewetenloosheid blyk aangebore te wees (geneties). En dan, net omdat jy iets teenoor enigeen uitlaat beteken allermins dat dit wel so is ... ja, wie't jou god gemaak Kobus?

  • Kobus de Klerk

    Cornelius,

    Jou sinnelose en leuenagtige uitlatings oor my as persoon, help jou niks en vestig net meer aandag op jou onvermoë om my te weerlê en om enige sinvolle bydrae te lewer - en natuurlik die onvolwassenheid waaronder jy steeds gebuk gaan.

    Jou metode, soos die van 'n laerskool dogtertjie, is om iemand wat jou op jou plek sit, so hard en skril as moontlik toe te snou met 'n sarsie inhoudlose, onsinnige persoonlike gekef in die hoop dat die probleem sal weggaan vir jou - die toonbeeld van emosionele onvolwassenheid.

    Maar as jy volwasse genoeg was, sou jy kon besef - die probleem vir jou het vanweë jou optrede nie weggegaan nie, maar vererger, omdat dit die aandag so akuut vestig op jou kroniese emosionele issues. Jy vergeet, dit is hoofsaaklik volwassenes wat hier lees. Maar omdat jy nie oor die nodige emosionele volwassenheid beskik nie, gaan jy maar telkens voort. - tot groot vermaak van die ander agnostici.

    Hier is 'n uitdaging vir jou. Weereens.

    Weerlê, op 'n ordentlike manier, die dinge wat ek sê, met feite wat ons kan verifieer.

    Dit is die uitdaging vir jou.

    En as jy nie kan nie, sal jy vir die tweede keer uitgewys wees as die irrelevante swendelaar wat jy is. Niks het nog verander nie, en ons sal nie asem ophou nie.

  • CorneliusHenn

    Ja kobus, jy's duidelik deur menige bydraer op jou plek gesit ... jou reaksie is egter die van iemand sonder 'n gewete ... hoekom sal jy dan omgee wie ookal die Waarheid aan jou voorhou ... ja, menige feit wat wat ek selfs uit die Bybel an jou voorhou het jy afgemaak .... die uitdaging is joune ...


  • Kobus de Klerk

    Tipiese swak poging, Cornelius. Maar soos ek gesê het, ek het niks beter van jou verwag nie. Niemand het, nie.

    Jy weet nie wat gewete is, nie. Dit is die korrekterende werking van die Gees van God. Jy demonstreer dit nie. Jy is gewetenloos in jou belastering van die HERE en Sy Naam. As mens nie saam met jou die Woord van God verdag maak en verdraai en elke mens in sy kwaad sterk nie, veral in sy Goddeloosheid nie, dan beskou jy dit as gewetenloos. Is dit nie so dwaas nie. Vir jou is liefde om God se Naam en Woord te vertrap ter wille van die giere en swakhede van mense - do as thou wilt - daardie tipiese sataniese beginsel, wat jy in La Vey se satanic bible kan oplees. La Vey het dit darem nog onder die naam van satan verkondig, waar dit hoort, lasterlik soos dit is. Maar jy is selfs erger - jy is gewetenloos genoeg om dieselfde beginsel onder die Heilige Naam van die HERE te verkondig! Daarmee verloën jy nie net die HERE vir Wie Hy is nie (al ketter jou lippe anders), jy verloën die verlossingswerk van die HERE by Golgota. En dit is baie maklik vir my om uit te wys. Jou druil waar jy my en ander gelowiges hier probeer slegsê omdat ons onsself en ander mense wys op hul Godsvreemde optrede, is oral vir baie lank al, op rekord.

    Kan jy een enkele brief onder jou hand uitwys waar jy mense vermaan om hulle sondige en Godslasterlike optrede te laat vaar, ter wille van die HERE? Nee, jy kan nie. Maar ek kan jou baie uitwys waar jy die Godslasteraars en Godloënaars probeer komplimenteer (ek is seker hulle verag jou ook daarvoor) en selfs aanmoedig, terwyl jy die HERE se Naam gedurig oor jou vals lippe laat strooi - jy sien, 'n rugsteker soos jy is nêrens welkom nie - ook nie by die vyand, nie. Want as jy jou eie soort in die rug steek, soos jy met jou Godslasterlike druil in die Naam van die HERE gereeld doen, kan en sal jy hulle ook in die rug steek. Daarom is jou soort, altyd op- en indringers, en nêrens welkom, nie, omdat jy altyd 'n verskuilde self-dienende agenda het. Nie eens by jou kerk, waar jy jouself indring, nie, want as hulle moet weet wat jy werklik glo en kwytraak, en hoe jy hulle leerstellings doelbewus verdraai, sal hulle jou ook uitskop. Jy laat my dink aan die sataniste wat hulle by die kerke en op kerkrade inwurm om van binne af, vernietigingswerk te probeer doen... Maar die HERE sal julle dit vergeld!

    Daarom beteken jou pogings tot Bybelaanhalings uit jou mond en onder jou hand, absoluut niks - kragteloos.

    Nee, wat. Jy gedra jou walglik - en jy gaan 'n bitter prys daarvoor betaal, as jy nie end kry daarmee nie.

    Terloops, ek is nog nooit hier op my plek gesit nie - mense verskil van my ja, maar jy sal mos nie die verskil kan insien nie. Net soos dit ook nie belangrik is hoe jy dit insien nie - op een of ander manier sal dit skeef wees.

    Daar is werklik geen punt in om hierdie gesprek met jou voort te sit, nie.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus,

    In jou blinde haat hierbo daag jy my onder meer met die volgende: "Kan jy (Cornelius) een enkele brief onder jou hand uitwys waar jy mense vermaan om hulle sondige en Godslasterlike optrede te laat vaar, ter wille van die HERE? Nee, jy kan nie. Maar ek (die ou grote Kobus) kan jou baie uitwys waar jy die Godslasteraars en Godloënaars probeer komplimenteer ..."

    Kobus, as jy van die eerste kommentaar hierbo ses kommentare ondertoe tel, sal jy my antwoord op Duitswester se uitdaging aan Varkspek lees.

    Nes aan Duitswester, het ek al menige so 'n vermanig aan jou, EN jou paranimfe gedeel.

    Nou ja, dis die nuwe werf en jy sal nog maar moet leer hoe maklik dit telkens is om jou blinde en naakte haat te wys.

    Kan jy nou nadese asseblief jou gewete in jou duidelike dwaling en hoon hierbo demonstreer Kobus?

    Cornelius

  • Kobus de Klerk

    Wat ’n stompsinnige reaksie van jou, Cornelius! Ek het gewag daarop…

    Die aard van die nuwe formaat van hierdie forum is jóú ondergang – want jou voorbeeld wat jy noem, is juis die teenoorgestelde van waartoe ek jou uitdaag. In daardie voorbeeld van jou hierbo probeer jy Duitswester en ander met die Bybelaanhalings by voorbaat betig juis omdat hulle vir die Woord wil opkom! Juis omdat die Woord die kwessie van homoseksualisme Self oordeel en ek, byvoorbeeld, dit uitwys, soos ons veronderstel is om te doen, soos die Woord ons noop om dit te doen. Ons opdrag is om die Woord onverdund en onverdraaid uit te bring, te verkondig – die Woord Ís die evangelie!

    Jy probeer die Woord, soos in die Bybel opgeteken, misbruik teen die opdrag van die Woord Self! Jy is gewetenloos…

    Daar is dus talle voorbeelde, ja, waar jy die Woord teen die Woord en die Woord se dienaars probeer inspan – maar nie ’n enkele voorbeeld waar jy vir die Woord, teen die lasteraars en Godloënaars in die bres tree nie,  omdat jy sélf ’n Godloënaar en lasteraar is én boonop die HERE se Heilige Naam daarvoor probeer misbruik - dit is hoe gewetenloos en insigloos, jy is.

    Alles wat ek van jou hierbo gesê het en nog véél meer op daardie trant, is, tragies genoeg, absoluut in die kol. Jy is werklik ’n nul op ’n kontrak weens jou volgehoue lasterlikheid. Is jy dan tot niks anders, as die walglike, in staat nie?

    Kommunikasie met jou loop net uit op 'n herhaling van jou walglikheid wat by jou uitpeul. Waar jy betrokke raak, kom daar wanorde, tensy jy geïgnoreer word - dit is die pad met jou.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top