As 'n mens wit en Afrikaanssprekend is, is dit nou 'sosiaal verpligtend' om alles te deel met ander etniese groepe. Kla enige iemand, word die persoon veral deur akademici êrens in 'n roomkoek beledig, wat graag die politieke konstruksie geslaagd wil sien, van etniese amalgamasie.
As die taal amptelik in 1925 tot stand gekom het en amptelik as Plan-B 75 jaar gelede uitgesaai was, dan bestaan die term Afrikaner nie juis veel langer nie en kon die afrikaner nie in bv 1836 groot agterna trek gewees het nie. Die enigste rede waarom politieke konstruksie gepleeg word tans deur sg akademici, is omdat hul weereens subtiel die vryheid van keuse en assosiasie tov etniese amalgamasie minag en voel dat almal 'jammer' moet sê deur in kooi te klim soos 'n verkleurmannetjie.
Ek is nie 'verregs' as ek my grondwetlike regte uitoefen nie, van privaatheid in keuse van assosiasie. Die akademici dink al te lank dat hul 'leiers' van die 'volk' moet wees. Wel, wie het besluit dat daar leiers moet wees? Ek koop nie net Afrikaanse boeke omdat iemand dink ek moet nie, terwyl dit stront is nie.
Hans Richardt


Kommentaar
Dis algemene kennis Hans, die term 'Afrikaner' het nie in 1836 bestaan nie.