"Waarheid maak vry" deur Suné Willemse

  • 0

Waarheid maak vry

Ek verwens jou as jy van my praat
Jy gaan natuurlik na die waarheid moet soek tussen onbekende gesigte
Jy is die laaste wat kan oordeel
Jy ken jouself nie eers nie

Probeer om meer oorspronklik te wees
En nie jouself te wil kloon nie
Maak seker jou hande is skoon voordat jy vingers wys
Vergeet van jou verlede, vriende bly vyande
Jy gaan jouself net blameer

Jy’s selfsugtig
Die waarheid volg jou soos ’n skaduwee
Dis gevaarlik om te oordeel
Word wakker
Word wakker
Dis ’n nuwe era
Druk grond in jou mond

Dit is altyd dieselfde verwagtinge en dis moeilik om in te pas
Terwyl skynheilige mense vingers wys met ’n Bybel aan die sy
Waarom kruip jy weg vir die waarheid?
Ontmasker die waarheid
Elkeen, alleen, opsoek na die waarheid
Ek en jy weet albei …

Jy’s selfsugtig
Die waarheid volg jou soos n skaduwee
Dis gevaarlik om te oordeel
Word wakker
Word wakker
Dis n nuwe era
Druk grond in jou mond

Waarheid maak vry
Sluier weg van ons gesigte
Lafaard is jou tweede naam
Voorgee is twak

Jy’s selfsugtig
Die waarheid volg jou soos n skaduwee
Dis gevaarlik om te oordeel
Word wakker
Word wakker
Dis n nuwe era
Druk grond in jou mond

Hou op voorgee
Jy beïndruk niemand nie
Sonder dat jy besef heg jy jou eie interpretasies aan iets wat jy nie verstaan nie
Jy baklei teen jouself
Jy verwar my …
Jy verwar my met iemand wat omgee

Jy’s selfsugtig
Die waarheid volg jou soos n skaduwee
Dis gevaarlik om te oordeel
Word wakker
Word wakker
Dis n nuwe era
Druk grond in jou mond

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top