
Fotobron: Canva
Waar was jy toe die grense gesluit is en al die vliegtuie gestuit is?
Waar was jy toe die wêreld gestop het en die president almal gehok het?
Waar was jy toe kinders tuis moes bly en mense sonder werk moes bly?
Waar was jy toe mense in lang rye geslang het en kinders na kos verlang het?
Waar was jy toe die geld opgeraak het en niemand ’n plan kon gemaak het?
Waar was jy toe dokters in hospitale nie kon werk met die oorvol sale?
Waar was jy toe die dodetal aanhou styg het en die wêreld na asem gehyg het?
Jy was by die huis, veilig toegesluit in jou kluis.
Jy was by jou gesin, die mense wat jy bemin.
Julle het gewerk en gespeel en soveel herinneringe gedeel.
Julle het gebak en gebrou en partykeer kom die aand te gou.
Jy was by jou kerk, online het wonderlik gewerk.
Die gemeente was bymekaar, almal om elektronika geskaar.
Jy was by jou God, op jou knieë om te pleit:
"Vader, vergewe hierdie wêreld want hulle weet nie wat hulle doen nie."


Kommentaar
Die lewe moet baie eensaam wees as jy nie vir God ken nie. Dankie, Liewe Vader, dat u altyd daar is.
Dankie Petro, jy het grendeltyd mooi vasgevat❤️
Puik