Waar liefde is
Dis alweer laat
Ek weet ek moet gaan slaap
Maar daar's iets wat ek wil hê
wat woorde nie kan sê
Ek soek jou hier
Jy's die sekondes in my uur
As jy weer weg sou gaan
sal die tyd vir my gaan staan
Dis daai oomblik
wat ek weet waar ek wil wees
REFREIN:
Daar waar liefde is
dis waar ek wil bly
Waar daar liefde is
daar sal jy my kry
Ek voel koud en alleen
Daar's niks om my heen
Maar daar waar liefde is
dis waar ek wil wees
Diep in die nag
hoor ek weer jou lag
Jy's nie hier, maar ook nie ver
In my hart verskiet 'n ster
En ek wens
jy kyk deur jou hart se lens
En jy sien my eendag daar
soos ek verlore na jou staar
En in daai oomblik
Weet jy, jy wil ook wees
REFREIN
Ek voel jou altyd rondom my
Jou hande oral oor my gly
Dis jy, jy's waar liefde is
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


