Goeiedag!
Ek verwys na Sandveldkos: Kosnostalgie en stories van gister en verneem graag waar ek ‘n kopie daarvan kan aankoop? Die ISBN is 9780620760430.
Verder is ek op soek na die boek van Lokkie van Zyl, Velddrif se stories. ISBN: 9780620656627
Ek sal dit waardeer indien u my kan help.
Dankie!
Alida van Rensburg


Kommentaar
Ek het vandag gaan kalamari eet in Bokkomlaan in Velddrif, toe lê Lokkie van Zyl se boek "Velddrif se stories" op die koffietafel. Ons het twee ure daar gekuier en gedeeltes uit die wonderlike boek gelees. Die eienaar is egter baie heilig op die boek, maar ek sou ook wees. Ek gaan ook navors waar ek dit MOONTLIK kan bekom.