Ek stem nogal met Arm Afrikaner saam. Ek het ook al genoem Julius gaan sy stert sien. Hy maak nie net die Boere die moer in nie maar ook die meesters. Hy het ’n senuwee êrens raak getrap. Waar is al die diamante en goud heen. Hoekom is Anglo American en De Beers se hoofkantore in Ingeland. Ek het dit al voorheen geskryf. Ek kan een toespreek wat oom PW gelewer het baie goed onthou. Dit was hier in die jare tagtig. Die Yanks, of is dit MacDonalds het gedreig met sanksies teen Suid-Afrika. Oom PW het net gesê dat die Amerikaners kan kom met hul sanksies, dan weerhou Suid-Afrika net die strategiese minerale wat hulle benodig. ’n Week later sê die Yanks nee hulle stel nou selektiewe sanksie in. Op dieselfde noot, ek sien van die manne in die dorp wil multi-nasionale maatskappye dagvaar oor hul betrokkenheid tydens die groot gesukkel. Wat my stomslaan is die manne ry lekker rond in die DDMs (Duur Duitse Motors) maar wil tog die maatskappye nou nog dagvaar. Daar was mos ook ’n storie dat SASOL sowat vyftien, of kan meer wees, persent van SA se brandstof aanvraag aan voldoen. Hoekom is ons petrolprys nie vyftien persent of meer goedkoper nie.
Iemand is besig om ons openlik deur die ore te piets. Ek ruik ’n slang in die gras.
Die slimmes moet nou verduidelik, my kop is so plat soos ’n weeshuisbrood ...
Reusedwerg

