Waar is die lekker SêNet-briewe?

  • 0

Miskien mis ek iets maar is al briewe op die nuwe LitNet dié onder 'SêNet-briewe | Letters'?

Indien wel het hierdie site darem wragtig vinnig gegaan van iets wat ek 'n paar keer 'n dag besoek het na een wat ek miskien een keer 'n week besoek, indien ek onthou.

Ons is nie almal sulke ernstige woordmense nie, die briewe was lekker en interessant (party, in elk geval).

Ek het vir seker 'n goeie tien jaar LitNet omtrent elke dag besoek. Dis blykbaar verby. Om een of ander rede dink ek baie van julle besoekers was mense wat die briewe kom lees het. 

Hulle sommer net so in hul moer gestuur of mis ek iewers 'n plek op jul site waar die mense nog briewe skryf dat dit kak?

Kan julle nie sien wat op baie ander site op die web gebeur nie? Sites wat hulle mees basiese ondersteuners net ignoreer.

Cheers en voorspoed met julle site ... maar ek dink 'die wind is suid!'

Evert

Hallo Evert, dankie vir jou brief. LitNet het ook 'n lewendige blogruimte, waar dit gons. En lees gerus ook die kommentare onderaan die briewe deesdae – so te sê briewe in eie reg. Hoop jy vind ook 'n plek om jou tuis te maak op die nuwe LitNet. Groete, Naomi Meyer, LitNet inhoudsbestuurder

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top