Ek het my diensplig gedoen in die SAW by 2 Spesiale Diensbataljon in Zeerust gedurende Januarie 1984 tot Desember 1985. Ek het ook my grensdiens gedoen by 10 Pantser in Oshakati. Ons het goeie, harde opleiding ontvang en was goed voorberei vir enigiets wat na ons kant toe sou kom. Ons het goeie tye gehad en ook soms ook nie sulke goeie tye nie. Ons het sekerlik een van die beste weermagte gehad wat daar was.
Ek dink nou juis aan al die manne wat saam met my was en wonder wat van almal geword het. Waar is hulle en wat maak hulle vandag? Hoeveel van hulle leef nog? Dis alles wat deur mens se kop gaan as jy terugdink aan daardie tye. Mens mis die kameraderie en al die mense met wie jy saamgewerk het. Ons dink aan almal wat hul lewens gegee het en aan die wat nog met ons is. Ons sal nie vergeet nie!
Frik Lotz


Kommentaar
Frik, ja. Deesdae is ons wat in die weermag was soos die familielid wat in die tronk sit. Jy is nog lief vir hom maar praat nie daaroor nie. Daar was 'n stadium, ek glo nie meer so erg nie, dat elke ou 'n "spes magte" lid was. Ek het vriende gemaak met 'n ou wat saam met my in die weermag was en ons is nog steeds goeie vriende. Sien hom nie meer so gereeld as wat ek wou nie agv afstande maar ons is soos broers. Het in die weermag "groot geword" en bietjie verstand gekry. Dit was lekker, soos almal sal erken, maar nie weer nie. Jy kan ook deesdae se "jong manne" sien. Baie het nie houding nie, is oorgewig, slonserig en is net plein onnet.
Reusedwerg, stem saam met dit wat jy sê in jou kommentaar. Ja, dis ’n tyd in ’n ou se lewe wat jy altyd sal onthou en mens kan nie eintlik dit verduidelik aan iemand wat nie deel daarvan was nie. Die wêreld van vandag is ook ’n ander plek wat ’n mens laat terugverlang na die goeie ou dae. Sterkte vir jou en dankie vir jou kommentaar.