"Vrugbare verbeelding" deur David Botha

  • 0

Vrugbare verbeelding

(Vers 1)

My vrugbare verbeelding is al weer op dreef
Soms wens ek ek kon my onskuldigheid herleef

Eindlose moontlikheid weergalm teen die mure
Eindlose teleurstelling herinner aan gemorste ure
My aanspraak op haatspraak is ‘n kommerpunt
Gooi jou pêrels vir die varke en hul sal jou drome verslind
Negatiewe inklinasie
Negatiewe inspirasie
Verloor die metafoor, sê die brein vir my hart
Verloor die spoor, van wit na swart
Positiewe respirasie
Ongewone konfrontasie

(Koor)

As jy my wil seermaak, moet jy kyk hoe ek bloei
As jy my wil ophang, kyk hoe die asem uit my uit vloei

Moet ek jou smeek vir ‘n advertensiebreek?
Moet ek jou smeek om my in die rug te steek?

(Vers 2)

Dis die verkeerde wapen in die regte man se hand
Die verkeerde denkgolf in die regte man se verstand

Klippe en stene breek dalk my bene
maar my gene bring die regte probleme

Die realistiese ontnugtering ontwaak en veroorsaak
dat die kleur in my blom homself as grys vermom
Negatiewe inklinasie
Negatiewe inspirasie
Herwin die valsheid, sê my siel vir sy smart
Herwin die verbeelding of los my verward

Positiewe respirasie
Ongewone konfrontasie

(Koor)

As jy my wil seermaak, moet jy kyk hoe ek bloei
As jy my wil ophang, kyk hoe die asem uit my uit vloei

Moet ek jou smeek vir ‘n advertensiebreek?
Moet ek jou smeek om my in die rug te steek?

(Outro)

Ek het ‘n gevoel ek is gevoelloos
EK het ‘n doel maar dis doelloos
Ek vind veiligheid in jou skynheiligheid
Ek weet dis intimiderend
Ek weet dis hartverskeurend

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top