Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 0

Sy het die klokkie hoor lui; in die middernag het sy haar gehaas na die deur. Dalk het sy dit geweet, iets moes in haar hart opgekom het, want bang was sy nie. Nie vir die donker nie, nie vir die gevaar nie. Sy het die deur oopgemaak, na buite gekyk en net die oop hemelruim gesien. Sy het gesug en dit is toe ek myself loswikkel uit die komberse waarin ek toegedraai was. Ek het gekreun. Sy het my gesien, afgebuk en my opgetel. Dis nou al 20 jaar wat ek by haar woon. Ek noem haar Mama. Liefste Mama.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top