My hart het in hare geklop
Haar hart in my are gepomp
Die ritme van haar liefde nooit gestop
Kalm klop … kitskos vir my siel – nooit lomp
Sy was sterk van inbors, trots
My rots
Haar woorde nog vars in my kop
Die raad, die liefde …. aanhou … nooit stop
Hoekom mos ek haar so jonk verloor
U weet tog, ek hoef nie te vra
Sy los by my oral haar voetspoor
Elke oomblik bewus van haar
My MA
Rus nou sag by Hom
Ek kom



Kommentaar
"Die raad, die liefde …. aanhou … nooit stop".
Sal my tranedal ooit stop? Ek dink nie so nie.
Pragtige vers Elzanne.