Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat almal sal onthou

  • 0

Jou roem is nie voor ’n skare van duisende nie. Jou merk nie opgeteken in geskiedenisboeke nie. Jy is ’n jong vrou met bonatuurlike wysheid en omgee. Jy sien die seer in harte, jy vertroos deur jou woorde. Jou glimlag is so breed en opreg dat dit ’n lewenslange indruk op harte laat. Jy is sterk en vol vertroue. Jy red menigte om jou met onselfsugtige omgee. Jy sien reg van verkeerd en laat nie toe dat jou hart vertrap word nie. Jou hart is rein nes die koningskind wat jy geskep is om te wees. Jy is my dogter. Nog nooit het ek ’n mooier hart en mens leer ken soos jy nie. Ek is trots om jou ma te wees. Jy is ’n vrou so na aan God se hart. Jy is my redding. My lewe is volmaak met jou daarin. In dae van opgee, herhinner jy my aan die sterk persoon wat jy is. Ek is oneindig lief vir jou my krulkop dogter. Jy is die vrou wat almal altyd sal onthou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top