Vrouedag-skryfkompetisie: Lewensweg

  • 0

Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn;
soos nagdruppels,
omgeurd van mirre,
met ’n vaste tred?

Kyk, dit is die draagstoel van my Moeder.
Sy het vir haar ’n draagstoel gemaak;
van die hout van haar gebede.
Dit was vir haar ’n taak,
sonder klagte en laste.

Die style daarvan het sy gemaak van bereidwilligheid;
Die leuning van geduldigheid, en niks versaak,
die sitplek van ontvanklikheid,
die binnekant mooi gemaak.

’n Liefdegawe van die dogters van ons land.

Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn,
wat leun op haar God,
in ’n vaste geloof,
met ’n gewillige gees?

Dít is my Moeder.

Moeder, by die waters van Mara, het God voorsien.
Voordat u dit geweet het, het u verlange u verplaas,
op die waens van u gebede gediend,
en ek, ek het geslaap. 

Totdat die aandwind waai, en die skaduwees vlug:
Kom my Moeder,
kom ons gee, sonder sug.
God is ons Behoeder.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top