Vroue – Hans Richardt

  • 0

Jou gereelde skrywe tov SA vroue het my oog gevang en ek dink jou skrywes is heelwat meer eensydig as wat dit kon wees.

 

Neem my geval. Al ’n lang tyd getroud met ’n Afrikaanse meisie en nog steeds gek oor haar. En sy is nogal in Pretoria gebore. Ek sien geen van die gebreke by haar wat jy so gereeld aan Afrikaanse vrou toewys nie.

Ek moet ook erken dat ek in my jeug baie soos jy gedink het, maw ek was ’n volslae mcp. Dit het egter als verander toe my eersteling dogtertjie gebore is. Van daardie oomblik af is ek ’n vegter vir elke moontlike vrouereg en voorstander van die idee dat daar niks behoort te wees wat in ’n vrou se pad staan om enigiets te wees of word wat sy graag sou wou nie. Gee haar elke moontlike voordeel en nog meer, sê ek.

Jou klagtes is uiteindelik slegs volslae veralgemenings of agv jou eie keuses – as ’n vrou gereeld mans kies wat haar swak behandel, verneder en mishandel, moet sy uiteindelik tog insien dat dit sy is wat hierdie keuses weer en weer uitoefen – dieselfde geld natuurlik vir mans ook. Natuurlik kan die skuld nie net op keuses geplaas word nie, die doos wat ’n vrou slaan behoort opgesluit te word, maar soos die Engelse sê: once is a mistake, twice is unfortunate, but trice is just plain careless.

Beste wense,

"koos sas" 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top