"Vriendskap" deur Jacques Maree

  • 0

Vriendskap

Niemand is perfek nie
Dit het ek geleer
As jy jonk is, is jy sterker
en vriende tog te veel

REFREIN:
Waar was jy toe ek jou soek?
Ek wonder oor jou
Ek mis vir jou
Ek sit en vergaan
in depro se hoek

Onthou jy nog die ou dae
verlang jy na daai tyd?
Ons was konings in ons wêreld
maar jy’t my weggesmyt

Ons maak foute in ons lewe
ons almal is maar mens
Ons sê dinge wat kon gebly het
jou vriendskap was my wens

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top