Vriende met voordele
Jy’t al twee keer hierdie week alleen gaan fliek
Jou popcorn op die oop stoel langs jou maak jou siek
Ek het niks om te verloor nie en daarom gaan ek jou vra
Ek weet ek vat ’n kans maar miskien is jy ook in
Ons ken mekaar al jare lank en sien mekaar maar min
Ek het ’n voorstel wat ons albei by kan baat.
Koor
Wat van vriende … vriende met voordele?
Baie mense sê mens kry net seer
Vriende … vriende met voordele
As albei fine is, kan ons dalk probeer?
Vrydagaande sit jy en Facebook speel
of andersins jou dood verveel
Waarom op ons eie sit as dinge soveel anders kan wees?
Niemand hoef te weet nie en net as jy ook wil
Jy sal seker eers daaroor wil dink, maar tyd staan ook nie stil
Dit is net-net net nie beter as om Huisgenoot te sit en lees.
Koor Vriende … vriende met voordele?
Baie mense sê mens kry net seer
Vriende … vriende met voordele
As albei fine is, kan ons dalk probeer?
Rap Jou vriende is meestal almal klaar getroud
Hul wil nie saam jou kuier want die kind is tog so stout,
Ek vra nie ’n verhouding nie, en ook nie om te trou
Ek wil net nie meer alleen wees nie, asseblief tog maak net gou
Ons albei is mos single en vir seker not by choice
Daar is geen commitment issues nie en dalk is dit iets moois ...
Ons ken mekaar al jare en het altyd als gedeel
Ons deel al ons geheime, het van kleins af saam gespeel
Meantime sit jy home alone, wonder wat om met jouself te maak
Ons kan mekaar mos uithelp man, wat maak dit tog saak
Om ’n fout te maak is niks, maar om niks te maak’s ’n fout
Is jy regtig stil en preuts of is jy dalk ’n bietjie stout?
Koor
Vriende … vriende met voordele
Baie mense sê mens kry net seer
Vriende … vriende met voordele
As albei fine is, moet ons dalk probeer
Ns. Meisiekind … meisiekind, waarheen gaan jy nou ... meisiekind … sorry.
![]() |



