"Vrees vir die dorslustige" deur Lana Geldenhuys

  • 0

Vrees vir die dorslustige

Soos ? kluisenaar vergaan ek
hier binne my geboortevlek

Die antibiotika is traag om die
besmette uit te teer

Met wapens van vrees sit en wag
ek, wag ek dat die donker my
moet kom haal
Die poppe dans weinig
wanneer ek my skuld aanhet

Die druiwe is gepars, die man is sonder werk
Sal iemand hom neem tot vergifnis in die kerk?
Hy was versigtig verslaaf aan sy lus vir meer
nou sit hy met minder, ? daaglikse treur

Haal af die maskers
Vergeet die vrees
Die daglig is lankal met die
trekkers gesloop

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top