Vragies vir Wouter?

  • 0

Ek sien jy reken:

VVV's, teleportasie, voodoo, astrologie, mediums kan nie vasgepen word deur wetenskap nie, aangesien dit "just so stories" is net soos die aanvaarde definisie van die geesteswetenskap nie ’n hofie, parawetenskap het nie en hierdie beweringe daaronder klassifiseer kan word nie.

Uh, hokaai asb.

Miskien kan ons begin deur eers wetenskap te klassifiseer en definieer?

Ek meen, wat is die punt as die wetenskap probeer om VVV's, teleportasie, voodoo, astrologie, mediums vas te pen, as wetenskap dalk selwers nie vasgepen kan word nie?

Wat wetenskaplikes tans GLO, verskil tog soos dag en nag van wat hulle, seg nou maar 100, of selfs net 50 jaar terug “geglo” het nie waar nie?

En elke jaar dan kry hulle nuwe toutjies vir hulle boog ... en so woed hulle aan ... maar laat ek jou vertel, ek GLO veel eerder aan VVVs, teleportasie, Voedoe, astrologie en mediums – en nog baie ander dinge ook – voordat ek GLO aan die wetenskap ...

Francois Williams

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top