Beste Cornelius
Ek probeer steeds redelik wanhopig om jou versoening van verskillende religieë te verstaan en het besluit om hierdie moeilike taak stappie vir stappie te nader, soos die leeuloop. Kan ek jou vra om die vragies, so ver moontlik, met net ’n ja of nee te antwoord?
Eerste vraag: Glo jy aan die Joodse geloof?
Volgende brief se vraag (dink solank, maar moet hom nie nou al antwoord nie ): Glo jy aan die Christengeloof?
Dankie tot dusver, en groete.
Dirk D

