Vraagteken-maan
Vraagteken-maan, ek wonder soms
Wat doen jy in die oggend vroeg, voor die son se koms?
Met ’n volrond oog hou jy wag oor die nag,
Maar wat sien jy in die donkerte, as dag sy beurt afwag?
Vraagteken-maan, vraagteken-maan,
Kan jy my sê waar die liefde lê?
Vraagteken-maan, vraagteken-maan,
lê hierdie geheim in jou wentelbaan?
Jy is die maan, vol misterie en krag, die see buig laag en die sterre hou wag
om jou, die koning van die nag.
Vraagteken-maan, kan ek by jou huil?
Die kakofonie in my hart omruil, en in jou skadu skuil?
Vraagteken-maan, vraagteken-maan,
Kan jy my sê waar die liefde lê?
Vraagteken-maan, vraagteken-maan,
lê hierdie geheim in jou wentelbaan?
Wie gaan my vashou in die nag, en lê in my arms in die oggend vroeg,
my sien vir wie ek is, en weet dit is genoeg?
Hoekom verlang ek na ’n tyd wat nie bestaan, na ’n antwoord op my roepe by die donkermaan,
’n einde na my soeke by die vraagteken-maan?
![]() |




Kommentaar
Baie goeie gedig.