Hoe weet jy?
Hello
Wat sou Comestor bedoel met die volgende wanneer hy skryf: “Ons hoef nie soos Donald Rumsfeld klei te trap deur ‘unknown unknowns’ en ‘known unknowns’ te onderskei nie.”
Duidelik is Comestor die kluts kwyt, maar dit sal nie ’n ontdekking wees nie, lang relase oor binnekamer-boeke en hoe privaat dit is, en net die volgende dag ’n aanbieding oor James Gleick se boek. Die spreekwoordelike lakens sonder versuim weer gehang in die openbaar.
Hoe om sin te maak van bogenoemde "unknown unknowns" en "known unknowns".
Die kern van dit is die verhouding tussen vraag en antwoord.
’n Known unknown, ’n vraag bekend aan die persoon wat die vraag vra, terwyl die antwoord opgesoek kan word.
Daar is dus niks wat ’n kleitrappery veronderstel nie, behalwe vir die gewone alledaagse, wat van die persoon verlang om antwoorde op sy vrae te gaan soek. Daar moet egter voorsiening gemaak word dat nie alle vrae ’n bevestigbare antwoord het nie en om aan te voer dat dit nie van kardinale belang in ons bestaan is nie, is soos alreeds aangedui om die klutz heeltemal kwyt te wees.
Dit behoort duidelik te wees dat die soeke na antwoorde op vrae, waar die antwoorde nog nie bevestig is nie, nog steeds plaasvind sonder enige verposing.
Veel meer uitdagend as dit, is waar “unknown unknowns” die hoof moet gebied word.
In dit is die vrae wat formuleer word ten einde die “unknown unknowns” te ondersoek.
Is daar dus werklik aspekte van die bestaan waarvan ons volkome onbewus is en daarom nie eers kan ondersoek nie.
Daarom in teenstelling van die stelling dat hierdie nie ’n probleem is nie, is dit onlosmaakbaar deel van die mens se pogings om sin te maak van “weklikheid”:
Noam Chomsky:
We are after all biological organisms not angels ... If humans are part of the natural world, not supernatural beings, then human intelligence has its scope and limits, determined by initial design. We can thus anticipate certain questions will not fall within [our] cognitive reach, just as rats are unable to run mazes with numerical properties, lacking the appropriate concepts.
Hierdie onderwerp is al voorheen deur my aangespreek en kan hier gevind word.
In die lig van die kwessies soos aangeroer kan die "Dunning-Kruger Effect" beskou word en som David Dunning dit soos volg op:
Cluelessness is clearly the biggest circle, in that there is so much knowledge and expertise that lies outside everybody’s personal cognitive event horizon. People can be clueless in a million different ways, even though they are largely trying to get things right in an honest way. Deficits in knowledge, or in information the world is giving them, just leads people toward false beliefs and holes in their expertise.
Vraag en antwoord is daarom nog steeds onlosmaakbaar deel van ons bestaan. Meer ondersoekende vrae komende van Comestor Henn sal ’n goeie ding wees, gegewe die twee here antwoorde in oorvloed het.
Baie dankie
Wouter

