Vooruitsig
Verskeie reaksies in wêrelde ver hiervandaan
As die son gaan sak staar ons stip na die maan
Mense sal jou altyd try afbreek en sleg sê
maar die beste wag altyd vir laaste
Daar’s altyd daai iemand wat jou hart vinniger laat klop
Ek hoop en bid maar dat dit nooit sal stop
Want die krake in my hart sal nooit genees
en ek weet als sal eendag beter kan wees
Maar vir nou is ek eers op my eie
So komplimenteer my hart met die goedheid van joune
Die beste oplossing is dalk nog op pad
Die stof in jou voetspore sal nooit wegwaai nie
So volg dit en kom weer terug na my
Ons almal is dalk nie dieselfde nie
maar ons aksies los mense nog steeds verstom
Die beste oplossing vir al jou probleme is een wat dalk nog gaan kom
So terwyl jy luister na die wind in jou hare
en terwyl die son op die berge gaan lê
lê ek in my kamer en staar na die ceiling
want dis so leeg soos my hart sonder jou
Al wat ek wil hê is net ? bietjie liefde
Op die ou end maak niks regtig saak nie
want jou glimlag is mooier as wat mooi kan beskryf
Terwyl ek staan het ek sopas besef, my hart klop vinniger as joune
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


