Voorspel
klein bou ons ons wêrelde
al spelend’ in die sand,
sien ons lugkastele
in wolke bo die strand.
die voorspel tot ’n toekoms
wat niemand wil voorspel
al lê daar alreeds tekens
vlak onderkant die vel.
wat kom is in jou gene
onwrikbaar ingebed:
die dood woon in jou bene
hy asem deur jou mond
en wit gryns jou skelet
vanuit ’n bloedrooi wond.
![]() |



